NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

18 April 2019 | Onderwys
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur word.

Die NSFAF se waarnemende hoof, mnr. Kennedy Kandume, sê met die verwikkeling sal geld onmiddellik tydens die oorbetaling vir studente beskikbaar wees.

Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir kleinhandelbankwese, mnr. Chris Matthee, sê die nuwe Visa- bankkaarte wat met die stelsel gebruik word, sal aan die begin van Augustus versprei word.

By die ondertekeningseremonie het me. Fransiska Manyande namens alle studentebegunstigdes gesê haar vertroue in die NSFAF-stelsel word hierdeur herstel: “Ek sien ʼn toekoms saam met Bank Windhoek en die NSFAF,” het sy gesê.

Foto Augetto Graig

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

41 minute gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

41 minute gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

41 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

41 minute gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

41 minute gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

41 minute gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

41 minute gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

41 minute gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

41 minute gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...