NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ? ooreenkoms aangegaan vir ? nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur word.
Die NSFAF se waarnemende hoof, mnr. Kennedy Kandume, sê met die verwikkeling sal geld onmiddellik tydens die oorbetaling vir studente beskikbaar wees.
Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir kleinhandelbankwese, mnr. Chris Matthee, sê die nuwe Visa- bankkaarte wat met die stelsel gebruik word, sal aan die begin van Augustus versprei word.
By die ondertekeningseremonie het me. Fransiska Manyande namens alle studentebegunstigdes gesê haar vertroue in die NSFAF-stelsel word hierdeur herstel: “Ek sien ? toekoms saam met Bank Windhoek en die NSFAF,” het sy gesê.
Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie