NSFAF se antwoorde bring net meer raaisels

Die parlement se portefeuljekomitee is ontevrede oor die stand van sake by die hulpfonds vir studente.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se antwoorde op vrae van die parlement se portefeuljekomitee op openbare rekeninge veroorsaak net nog meer vrae.

“Dit raak net ál meer deurmekaar,” het die voorsitter van die komitee, mnr. Mike Kavekotora, gesê.

Hy het gesê die fonds moet van nou af gereeld verslag doen oor vordering met die regstelling van finansiële onreëlmatighede en die skorsing van die hoofbeampte, me. Hilya Nghiwete.

Nghiwete is in April met volle voordele geskors.

Volgens die NSFAF-raadslid mnr. Stephen Tjiuoro is ? ondersoek na Nghiwete voltooi en ? klagskrif opgestel. Daar is nog wetlike uitdagings, soos op watter wyse die dissiplinêre verhoor gehou sal word, en of dit in die arbeids- of hoërhof aangehoor sal word, sê Tjiuoro.

Verdere moontlike vervolging sal afhang van die dissiplinêre verhoor se uitslag, het hy gesê.

Tjiuoro is die enigste raadslid wat die sessie voor die komitee bygewoon het. Hy het saam met die waarnemende hoofbeampte, mnr. Kennedy Kandume, en die hoofbeampte van menslikehulpbronne, mnr. Olavi Hamwele, ? eed afgelê om namens die fonds vrae te beantwoord. Dit nadat Kavekotora gesê het die skriftelike antwoorde op die komitee se vrae was nie voldoende nie.

Ure is bestee op ondervraging oor die onreëlmatige aanstelling van die Zimbabwiese geoktrooieerde rekenmeester mnr. James Nyandoro. Tjiuoro en Kandume moes ná vele vrae erken dat Nyandoro se status as NSFAF-werknemer onreëlmatig is, weens die beperking van sy werkspermit waarvolgens hy slegs vir Sashi Investments mag werk.

Sashi Investments behoort aan mnr. Sadike Nepela, wat ingestem het dat Nyandoro as konsultant na die NSFAF gesekondeer word. Sashi Investments het ook al die opvolgaansoeke by die ministerie van binnelandse sake en immigrasie vir die verlenging van sy werkpermit gedoen. Niks kon verder vasgestel word met betrekking tot die verhouding tussen Sashi Investments en die NSFAF nie, aangesien geen kontrak daarvoor gekry is nie, het Kandume gesê.

“Jy moet hierdie gemors skoonmaak,” het Kavekotora vir Kandume gesê. “Grawe vir daardie inligting. Hoekom grawe jy nie nog dieper nie?”

Kandume het gesê hulle soek die vermiste inligting ook as deel van die ondersoek na Nghiwete, en terwyl hulle ook ? nuwe hoofbeampte probeer vind.

Dit was Nyandoro wat die NSFAF-voorlegging oor die opspoor van N$1,7 miljard waarvoor die fonds nie voorheen rekenskap kon gee nie, voor die komitee gedoen het. Vanaf 1997 tot 2015 is daar ? tekort van N$1,792 miljard in wat die regering aan NSFAF gegee het, en wat hulle aan studente uitgedeel het. Oor 1997 tot 2003 kan nie rekenskap gegee word nie weens verlore bankstate, het Nyandoro gesê.

Vanaf 2003 tot 2013 het die regering N$1,702 miljard na die NSFAF oorgedra. Saam met ander inkomste het die fonds toe oor N$1,8 miljard beskik, en oor die tydperk is N$1,684 miljard aan studente uitbetaal. Dit laat N$120 miljoen oor teen die einde van die 2012-’13-boekjaar waarvoor rekenskap nou gegee kan word, het hy gesê. “Effektief beteken dit die NSFAF kan rekenskap gee van meer as N$1,5 miljard,” het Tjiuoro bygevoeg.

Die voorlegging was egter nie oortuigend nie, met komiteelede wat verskeie foute daarin uitgelig het.

Een voorbeeld is die uitbetaling van byna N$300 miljoen wat volgens Nyandoro per kontanttjek aan studente uitbetaal is. Hy moes egter erken dat die tekort aan rekordhouding in die verband beteken daar is geen sekerheid oor wie werklik die geld ontvang het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%