NSFAF-beleid onder loep
NSFAF-beleid onder loep

NSFAF-beleid onder loep

Rowers het gewelddadig geraak toe slagoffers by 'n gastehuis in die hoofstad weerstand gebied het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het gister ’n derde poging aangewend om die opstel van ‘n nuwe beleid oor finansiële hulp aan studente en skuldinvordering te voltooi.

Die fonds wil die nuwe beleid reeds in die huidige boekjaar in werking stel.

Tans is die fonds in ’n penarie nadat vroeër bevestig is geen nuwe studente sal vir die huidige akademiese jaar hulp van die NSFAF ontvang nie.

Die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing se permanente sekretaris, mnr. Alfred van Kent, het die verrigtinge tydens gisteroggend se slypskool gelei.

Hy het benadruk die fonds sal voortaan binne die perke van sy begroting moet bly, maar die NSFAF sal terselfdertyd rekening met ’n verwagte toename in die hoeveelheid geldige aansoeke om finansiële hulp moet hou. Toelae kan afgeskaf en net lenings toegestaan word. Die fonds kan ook aan die nasionale belastingstelsel gekoppel word om rekordhouding en invordering te vergemaklik.

Volgens die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, is hoër onderwys die afgelope 28 jaar deur middel van geïntegreerde en sinvolle inhoud en ontwikkeling drasties omskep. “Maar ná 28 jaar van onafhanklikheid en net 12 jaar voor 2030 is daar steeds ernstige leemtes in terme van vaardighede en kennis,” het sy gesê.

Uitdagings sluit onder meer in ’n doeltreffende Namibiese hoër onderwysstelsel, die herhaling van kursusse, verhoogde pryse, programme wat wins beoog, en werklose gegradueerdes “wat nou ernstige kommer wek”, het Kandjii-Murangi gesê.

In 1990 is die regering se eerste amptelike finansiële hulpskema vir Namibiese studente onder die ministerie van onderwys tot stand gebring. In 2000 is die NSFAF-wet aangeneem en in 2013 is die NSFAF as regsentiteit erken.

Die regering het voortdurend die grootste deel van die nasionale begroting aan die onderwyssektor toegeken en miljarde dollar is al aan die NSFAF toegeken.

Volgens die minister is dít wat aan onderwys bestee word, nie die enigste maatstaf vir sukses op die gebied van hoër onderwys nie. Boonop is daar nie genoeg hulpbronne beskikbaar om elke Namibiese student wat dit verdien, finansieel by te staan nie.

“Die druk op die NSFAF se begroting is voortdurend, maar die begroting self bly beperk,” het sy gesê.

Die hersiening van die fonds se beleid spruit uit die feit dat “die NSFAF nie elke Namibiese kind wat daarvoor kwalifiseer, kan ondersteun nie”, het die minister gesê.

Die minister het verwys na die onlangse aanstelling van ’n nuwe NSFAF-raad en leiers, asook ander uitdagings, maar het bedadruk dat die toekenning van lenings “nie kan wag nie”.

Sy het genoem die fonds het bestaande verpligtinge teenoor studente met wie reeds kontrakte aangegaan is.

Die minister het die rolselers by die vergadering versoek om te verseker die nuwe beleid is inklusief en billik, en dat dit vinnig in werking gestel kan word.

Finansiële regeringshulp moet toegeken word aan studente wat daarvoor kwalifiseer, die hulp verdien en dit werklik benodig, het sy gesê.

Die nuwe raad het onlangs vir mnr. Kennedy Kandume as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Dít terwyl die dissiplinêre verhoor teen die vorige uitvoerende hoof, me. Hilya Nghiwete, voortduur.

Die verhoor sou glo verlede week begin het, maar die NSFAF het sedertdien nog geen inligting hieroor bekend gemaak nie.

Mnr. Jerome Mutumba, die NSFAF-raad se voorsitter, het gesê die teenwoordigheid van Kandume en ander NSFAF-beamptes is voldoende vir die doeleindes van die vergadering.

Vrae oor Nghiwete se verhoor is nie by gister se geleentheid verwelkom nie. Mutumba het in reaksie hierop bloot na vorige nuusvrystellings verwys.

Rolspelers van plaaslike hoër onderwysinstellings, opleidingsreguleerders soos die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), NSFAF-beamptes en bedryfsverteenwoordigers het die slypskool by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in Windhoek bygewoon.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%