NSFAF-beleid onder die loep
Die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, het vanoggend ’n derde werkwinkel geopen wat ten doel het om die beleid oor finansiële hulp aan studente en skuldinvordering van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) af te handel.
Rolspelers van plaaslike hoër onderwysinstellings, opleidingsreguleerders soos die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), NSFAF-beamptes en verteenwoordigers van die ministerie vergarder tans by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in Windhoek.
Volgens die minister is dít wat aan onderwys bestee word nie die enigste maatstaf vir sukses op die gebied van hoër onderwys nie.
Boonop is daar nie genoeg hulpbronne beskikbaar om elke Namibiese student wat dit verdien, finansieel by te staan nie.
“Die druk op die NSFAF se begroting is voortdurend, maar die begroting self bly beperk,” het sy gesê.
Die nuwe beleid sal hopelik in die 2018-’19-boekjaar geld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie