NSFAF-begroting geblaas
NSFAF-begroting geblaas

NSFAF-begroting geblaas

N$337,5 miljoen se uitstaande skuld kan net deur 'n vergroting van die nasionale begroting gedurende die halfjaar-hersiening gedek word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Me. Erica Shafudah, permanente sekretaris van finansies, sê die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het reeds met dié week se beskikbaarstelling van N$300 miljoen, altesaam N$947,59 miljoen of 98,4% van die fonds se begroting vir die jaar, ontvang.

Slegs N$14,9 miljoen van die NSFAF se jaarlikse begroting moet nog deur die tesourie uitbetaal word.

Die NSFAF het dié week dringend vir meer geld gevra ná studente Woensdag voor hul kantore in die hoofstad betoog het oor onderrig en ander betalings wat nog nie gedoen is nie.

Studente is keelvol omdat die NSFAF slegs N$501 miljoen uit N$905 miljoen vir die hoër onderrig van 23 230 studente kon betaal.

Dié week se geld is gebruik om minstens die helfte van uitstaande skuld aan instansies te delg, terwyl studente nog moet sien kom klaar sonder die lening van N$21 600 wat vir elk van kos, verblyf, vervoer en ander benodigdhede sou voorsien.

Me. Hilya Nghiwete, uitvoerende hoof van die NSFAF, het gesê “betalings van N$404 miljoen moet nog gemaak word wanneer die geld daarvoor beskikbaar is”.

Volgens haar is daar dié jaar sowat ­­­5 000 meer studente om te ondersteun as waarvoor begroot is.

Nagenoeg 18 000 studente het vanjaar vir finansiële steun gekwalifiseer.

“Dié getal studente, saam met die studente uit vorige jare, bring die totale geldelike steun vir 2017 op N$1,3 miljard te staan, terwyl daar net vir N$962 miljoen begroot is,” het Nghiwete gesê.

Volgens Shafudah kan die huidige stand van sake nie voor die regering se deur gelê word nie, aangesien die nasionale begroting volledig gefinansier is en die regering die vermoë behou om al sy verpligtinge na te kom.

“Inteendeel, die getal beguns­tigdes en ander verpligtinge waarvoor nie begroot is nie, bring die volledige vooruitsig van jaarlikse uitgawes vir die NSFAF op sowat N$1,3 miljard te staan, wat N$337,5 miljoen meer is as waarvoor vir dié jaar begroot is.

“Die ministerie van finansies wil kategories verklaar die oorbesteding van die begroting is onwettig,” het Shafudah gesê.

Sy moedig regeringskantore, agentskappe en ministeries aan om seker te maak hulle spandeer nie meer as wat aan hulle toegeken is nie.

Nghiwete se verklaring Woensdag laat blyk die regering het nooit die NSFAF se versoeke vir geld volledig uitbetaal nie. Getalle wat sy verskaf het dui aan dat die tesourie vanaf April 2017 elke maand minder gegee het as wat die NSFAF gevra het. In April het die NSFAF vir N$346 miljoen gevra en N$70 miljoen gekry. In Mei het hulle N$103 miljoen gevra, maar N$78 miljoen gekry. Ook in Junie was N$441,4 miljoen gevra, maar net N$65,1 miljoen gegee.

In Augustus het hulle N$480 miljoen gesoek en N$112 miljoen gekry, soos in September toe hulle N$465,4 miljoen gevra het, maar net N$43,4 miljoen ontvang het. Slegs in Julie het die NSFAF die volledige N$230 266 749 gekry wat hulle gevra het. Snaaks genoeg wys Nghiwete se syfers dat die NSFAF N$43 miljoen dié week van die tesourie ontvang het, wat nie met Shafudah se syfers ooreenstem nie.

Afgesien van die onkoste van meer studente wat vanjaar vir finansiële steun gekwalifiseer het, moet die NSFAF ook verskeie ontwikkelings waarmee die hulpfonds in 2016 verbind is, betaal.

Die sluit in die betaling van Namic vir 'n nuwe betaalstelsel vir elke student, die koste van 'n aanlyn aansoekstelsel, en die bou van die NSFAF se nuwe hoofkantoor ter waarde van N$178 miljoen wat aan China Jiangxi International en sy Namibiese vennoot Homefin Properties toegeken is.

Al goeie nuus is dat Shafudah aangekondig het die begroting vir die NSFAF sal gedurende vanjaar se halfjaar-begrotingshersiening vergroot word. Die hersiening van die nasionale begroting word beoog vir November.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%