NSFAF-baas geskors

16 April 2018 | Regering
Die voorsitter van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), mnr. Jerome Mutumba, het vanoggend (Mandag) aangekondig dat dié instelling se hoof uitvoerende beampte, me. Hilya Nghiwete (foto), geskors is.
Dit is gedoen hangende die uitkoms van ʼn ondersoek by die NSFAF. Nghiwete word beskuldig van wanadministrasie, administratiewe korrupsie en wangedrag, “wat by voorlopige hersiening deur die raad prima facie-redes verskaf het wat regverdig dat in die belang van die instelling en die publiek in die algemeen, sekere dissiplinêre stappe teen haar oorweeg word",sê Mutumba.
Die besluit is eenparig geneem. Die raad is in Januarie deur die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, aangestel met opdrag om die fonds weer onder die beheer van die ministerie te bring.
Die raad bestaan uit dr. Christina Swart-Opperman, as Mutumba se adjunk, mnre. Stephan Tjiuoro (Namibiese Vereniging van Mediese Fondse), mnr. Ananias Abner (onderwysministerie), me. Adda Angula (Ontwikkelingsbank van Namibië), me. Natascha Cheikhyoussef (hoër onderwysdepartement), mnr. Isak Neema (Statistieke Agentskap van Namibië) en me. Tulimeke Munyika (ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking) .

Soortgelyk

 

Geen Boeing 737 Max 8's mag in Namibië land

5 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het pas ‘n verbod geplaas op die gebruik van Namibiese lughawens deur Boeing 737 Max 8-vliegtuie.Dié owerheid sê...

Geen geld - geen tee, koffie vir pasiënte

9 ure gelede | Gesondheid

Pasiënte in staatshospitale gaan weens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se knyptangbegroting vanaf 1 April nie meer koffie en tee bedien word nie....

Geen borg vir rugby-afrigter

11 ure gelede | Misdaad

Borgtog is geweier tydens die eerste hofverskyning van Roger Thompson (35), voormalige afrigter van die Namibiese o.20-rugbyspan.Thompson, wat Sondag in hegtenis geneem is, is aangekla...

Sommige dele van Windhoek sonder water, elektrisiteit

12 ure gelede | Plaaslik

Vyf woonbuurte in Windhoek is tans sonder water, terwyl dele in Katutura nie elektrisiteit het.Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit, sê in ‘n verklaring waterlewering...

Man (75) verkrag glo sesjarige

13 ure gelede | Misdaad

’n Man wat glo geestelik gestremd is, het Saterdag na bewering ’n sesjarige meisie in die Omhokolo- nedersetting verkrag. Die 75-jarige man is familie...

Ses sterf in vroeë oggendure

23 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause 'n Motorongeluk tussen Windhoek en Okahandja het gister om 05:45 die lewens van ses mense geëis.Vyf mense was in 'n sedan van...

Katrina se skoonsuster verhuur glo lyshuis

23 ure gelede | Howe

Denver Kisting Die hoërhof in Windhoek het gister gehoor 'n skoonsuster van me. Katrina Hanse-Himar­wa het glo 'n huis, wat sy wederregtelik onder die...

Weer vir 12 Maart

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die verre noordooste met 'n paar donderbuie, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Steytler verlaat Staatshuis

23 ure gelede | Regering

Dr. Alfredo Hengari, die president se woordvoerder, het in 'n bondige verklaring gesê Steyt­ler het verlede Maandag reeds bedank.Dit was ook sy laaste werkdag, het...