NR betrek nuwe gebou

DIE nuwe administratiewe blok van die Nasionale Raad is Vrydag in Windhoek amptelik deur President Sam Nujoma geopen.
Dit is teen 'n koste van N$19 miljoen opgerig.
Pres. Nujoma het met sy geleentheidsrede weer 'n beroep op Parlementslede gedoen om hul pligte met toewyding en eerlikheid te vervul.
"Die mense verwag hoë standaarde en onberispelike gedrag van hulle verteenwoordigers. Dit moet gedoen word deur aktiewe debatte en die onderlinge deel van ondervinding. Ons Grondwet stipuleer kategories dat alle lede van die Nasionale Raad die waardigheid en die beeld van die Raad gedurende sittings sowel as deur hulle optrede en bedrywighede buite die Huis moet hou," het pres. Nujoma gesê.
Hy het daarop gewys dat die Regering verbind is tot die proses van desentralisering. Politici moet dus saamstaan in pogings om regering nader aan die mense te bring. Die Parlement het reeds die wet op die inwerkingstelling van desentralisering en ander gepaste wetgewing aanvaar ten einde dié oogmerk te bereik.
Soortgelyke wetgewing wat die desentraliseringproses verder sal fasiliteer is in die finale fase van voorbereiding voor dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word. Pres. Nujoma sê met die voltooiing van die desentraliseringproses sal streeksraadlede en raadlede van plaaslike owerhede wyer besluitnemingsmagte hê om meer doeltreffend die lot van hul mense te verbeter.
"Sodra die desentraliseringproses voluit aan die gang is, sal die streeksrade en gevolglik ook die lede van die Nasionale Raad bykomende verantwoordelikhede as deel van hul werk hê. Die lede van die Nasionale Raad sal regstreeks betrokke raak by die dag tot dag bestuur van streeksregering. Om dié rede bly dit die verantwoordelikheid van Parlementslede om hul kiesafdelings op hoogte te hou van nuwe verwikkelinge in die proses van desentraliseirng omdat dit 'n belangrike invloed op regering op alle vlakke sal hê," het pres. Nujoma verduidelik.
Hy het ook op die belangrike funksie van die Nasionale Raad gewys wat volgens die Grondwet die mag het om wetgewing wat deur die Nasionale Vergadering aanvaar is, te hersien. Pres. Nujoma sê dit is 'n belangrike proses wat die wette wat deur die Parlement aanvaar word, verbeter.
Die nuwe gebou het 54 kantore, drie raadsale, een konferensielokaal, een bronnesentrum en 90 parkeerplekke.
In sy boodskap het die Voorsitter van die Nasionale Raad, mnr. Kandy Nehova daarop gewys dat die oprigting van die gebou noodsaaklik geword het om die Raad se toenemende werklas te verlig. 'n Professionele personeelkomponent is uiters noodsaaklik om lede van die Nasionale Raad by te staan om hulle werk doeltreffend te kan doen.
Die kantore van mnr. Nehova en die ondervoorsitter van die Nasionale Raad, me. Margaret Mensah en administratiewe personeel van die Raad sal in die nuwe gebou gehuisves word. Die res van die Raadslede en hulle personeel sal in die ou gebou van die Raad bly.
Verskeie hoogwaardigheidsbekleërs waaronder die Eerste Minister, Kabinetslede, lede van die Nasionale Vergadering en die diplomatieke gemeenskap het die verrigtinge bygewoon.

Soortgelyk

 

'Boere se veglus verdwyn'

4 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

4 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

4 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

4 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...

'Die beste tyd van my lewe'

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd ZandbergDie 22-jarige gebore Namibiër Kyle Farrer verwys na homself as koel en kalm. Jy kan dit aan sy voorkoms sien. Eenvoudig, maar deurdink, ‘n...

Besige jaar vir Windhoek se DBV

4 ure gelede | Omgewing

Mariselle Stofberg- Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het 3 695 diere gedurende 2018 ingeneem. Altesaam 2 207 honde, 1 434 katte en 54 ander diere...

Vreemde voetspore is dit toe nie

4 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Groot was die opgewondenheid van die boer mnr. Frederick de Koker toe hy in November verlede jaar vreemde "voetspore" in rotsformasies naby...