NQA steeds sonder raad
NQA steeds sonder raad

NQA steeds sonder raad

Die minister sê die nagaan van nominasies vir nuwe raadslede kan 'n wyle duur.
Augetto Graig
Die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) bestaan sedert Februarie vanjaar sonder 'n raad.

Dít omdat die sesde samestelling van die liggaam, bestaande uit 32 lede, se termyn ver­stryk het.

Die raad is volgens die NQA-Bestaanswet nommer 29 van 1996 verantwoordelik vir die bestuur van die owerheid se sake, die bepaling van sy beleid en prosedures, die beheer van die NQA se funksies, die uitoefening van sy bevoegdhede en die uitvoering van sy pligte.

Dr. Itah Kandjii-Murangi,­ minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, weet nie wanneer 'n nuwe raad aangestel sal word nie.

So het sy die afgelope week aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê.

Die minister sê nominasies vir nuwe raadslede word tans nagegaan en die proses kan nog 'n wyle duur.

Mnr. Alfred van Kent, permanente sekretaris van die ministerie, het egter die Namibian Sun verseker dat die owerheid se werk nie ontwrig sal word weens die tekort aan 'n raad nie.

Die raad moet slegs vier maal 'n jaar sit, het hy aan Namibian Sun gesê.

Hy stem met die minister saam dat die nagaan van raadslede nie 'n vinnige proses is nie.

“Daar kan vertraging wees met die goedkeuring in terme van akkreditasie, maar daar is wel komitees en operasionele strukture wat 'n groot deel van die proses hanteer,” het hy gesê.

Vrae aan die NQA se hoofbestuur is deur me. Catherine Sipushuhul, NQA-woordvoerder, na Van Kent verwys ná sy gesê het slegs die ministerie hanteer die aanstelling van raadslede.

Me. Martha Mbombo, van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, was die sesde raad se voorsitter, maar sy is tans in die buiteland en is nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Die raad word volgens wet vir periodes van drie jaar aangestel en bestaan uit verteenwoordigers van verskeie ministeries, staatsondernemings, professionele verenigings en private ekonomiese sektor-groepe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!