NPL: Unam en Civics deel die ligapunte

Sokker
NAMPA
Die sokkerklubs van Civics en die Universiteit van Namibië (Unam) was Maandagaand in die Sam Nujoma-stadion in 'n doellose uitslag in ronde 8 van die MTC Namibiese Premierliga (NPL) betrokke.

Beide spanne kon nie daarin slaag om behoorlike doelkanse te skep nie en het mekaar in die middelveld lamgelê. Dit het meegebring dat beide stelle voorspelers meestal vanaf langer afstande moes aanlê.

Unam het soos die beter span gelyk wanneer hy die bal gehad het, met Tara Katupose se kragtige kopstoot in die vierde minuut wat van 'n hoekskop af van die paal af weggespat het.

Civics het twintig minute later teruggekap, maar Harold Kandaera het reguit in die arms van Charles Uirab, Unam se doelwagter, geskop.

Nog 'n Katupose-kopstoot in die 36ste minuut was wyd en twee minute later was daar nie genoeg oemf in sy skop om Welcome Nail te klop nie.

Die tweede helfte het in dieselfde trant begin, met Edwin Kamaundju wat twee keer vergeefs vir Nail met langafstandpogings probeer klop het.

Willem Mwedihanga het ook twee kanse gehad. Sy eerste kragskop het Nail gepla, maar het oor die dwarsbalk geseil, terwyl die tweede kalm deur die doelwagter hanteer is.

• Die NPL word vanaand voortgesit wanneer die twee kusspanne Eleven Arrows en Blue Waters mekaar in die Kuisebmund-stadion ontmoet.

Môreaand is die beurt vir die voorloper Black Africa wat altyd 'n hewige uitdaging van Tura Magic te wagte kan wees, voor Vrydag se botsing tussen Tigers en Young African in die Sam Nujoma-stadion. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!