November is blou
November is blou

November is blou

Afrika het die hoogste aantal ongediagnoseerde diabetesgevalle.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Diabetes is 'n siektetoestand wat al hoe meer Namibiërs raak, met die meeste wat nie eers daarvan bewus is dat hulle moontlik die siekte onder lede het nie.

In die lig hiervan is die Namibië Diabetes-leefstylstigting in 2012 as niewinsgewende organisasie in die lewe geroep om onder meer bewusmaking te skep en ondersteuning te bied aan Namibiërs met tipe 1 en tipe 2-diabetes.

Dit bied ook steun aan kinders met tipe 1-diabetes, wat nie aan 'n mediese fonds behoort nie, deur toetsstrokies vir insulien en bloedglukose aan hulle te verskaf.

Tans ondersteun die stigting 17 diabetiese Namibiese kinders teen N$1 100 per maand per kind.

Volgens die stigting is diabetes 'n “duur toestand” en kan dit sonder die regte behandeling lewensbedreigende komplikasies inhou en tot sterftes lei.

Diabetes is 'n wêreldwye epidemie wat in 2014 wêreldwyd vir 4,9 miljoen sterftes verantwoordelik was.

Volgens die ­Internasionale Dia­betesvereniging sal byna 600 miljoen mense in die wêreld teen 2035 met die siekte saamleef.

Verlede jaar het 'n ­beraamde 15,5 miljoen volwassenes in Afrika in die ouderdomsgroep van 20 tot 79 jaar volgens die Diabetes-atlas aan dié siekte gely.

Die streek het ook die hoogste koers vir diabetes wat nie gediagnoseer is nie, met meer as twee derdes (69,2%) van volwassenes wat tans onbewustelik die siekte het.

Met die fokus wat in November wêreldwyd op die bewusmaking van diabetes val, het die stigting verskeie projekte beplan om die maand blou (die kleur vir diabetes) in te kleur.

Op 16 November word Namibiërs aangemoedig om Denim4Diabetes–dag te vier.

Plakkers ter ondersteuning van dié dag sal teen N$10 elk verkoop word.

Vir navrae hieroor kan die volgende mense gekontak word: Windhoek: Heloise Kotze by 081 228 5563 of [email protected]; Otjiworongo: Lore Wormsbacher by 081 847 4587 of [email protected]; Swakopmund: mnr. Johan Viljoen by 085 124 5753 of [email protected]; Rundu: me. Merike Heath by 081 169 6665 of [email protected]; Keetmanshoop: me. Madalein van Wyk by 081 250 7469 of [email protected].

Kolwyntjies word ook verkoop en bestellings moet voor 9 November by me. Nicole Dreyer geplaas word. Sy kan by 081 412 5391 of [email protected] gekontak word.

Toetse vir die siekte word op 17 November by die volgende plekke gedoen: In Windhoek by Maerua-winkelsentrum en Maerua Lifestyle-sentrum; op Otjiwarongo by Otjiwarongo Medical Practice en op Rundu by Luka Optics.

Vir toetse op Swakopmund kan Viljoen gekontak word.

Op dieselfde dag vind die gratis 5 km Run/Walk for Diabetes plaas, wat om 06:30 in Windhoek voor Cramer's in Onafhanklikheidsrylaan afskop.

Stappers en honde is welkom. Op Swakopmund kan Viljoen geskakel word om die wegspringplek en -tyd te bevestig.

Pragkalenders vir ­aanstaande jaar is ook teen N$200 per ­kalender beskikbaar en fokus op diabetes deur die oë van 'n kind. Kinders met tipe ­1-diabetes het in tekeninge hul ervarings met die siekte op papier vasgelê. Bestellings kan by me. Maryke de Vos by 081 160 8611 of [email protected] geplaas word.

Vir meer inligting oor die ­stigting, besoek die Facebook-blad “Namibian Diabetes Lifestyle Foundation” of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.76/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 804.10/T DOWN -0.6% | Brent Crude Oil US$ 87.32/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 939.97/OZ DOWN 0 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.76/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 804.10/T DOWN -0.6% | Brent Crude Oil US$ 87.32/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 939.97/OZ DOWN 0