'Nou kan Wayde nóg beter by Spele opdaag'

27 March 2020 | Sport
Wim Pretorius - Die Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk sê dis jammer dat hy nou 'n jaar langer sal moet wag om sy titel te verdedig, maar hy en sy afrigter sien ook positiewes in die uitstel van die Olimpiese Spele.

Van Niekerk se afrigter, Ans Botha, sê haar atleet sal die 21 dae van inperking wat gisternag begin het, gebruik om heeltemal af te skakel en sy liggaam 'n blaaskans te gee.

“Hy is nou op 'n plek waar 21 dae van algehele rus absoluut geen afbreuk sal doen aan die basis waaraan ons die laaste tyd so hard gewerk het nie,” sê Botha. “(Die inperking) bied ons 'n geleentheid om hom af te haal (van sy oefenprogram) sodat sy liggaam weer reserwes kan bou.

“Wat die uitstel van die Spele betref, het ons nou die kans om Wayde beter en sterker te kry. Ek glo en vertrou alles sal goed uitwerk en dat hy gereed sal wees om sy heel beste te lewer wanneer die Olimpiese Spele plaasvind. Ek en Wayde is op dieselfde golflengte daaroor. Ons glo dinge gebeur nie sonder 'n spesifieke rede of doel nie.”

Hoewel die Spele nou amptelik uitgestel is, hoop Botha Wêreldatletiek kan van sy Diamantliga-byeenkomste na die einde van die jaar skuif.

“Ons wil graag vanjaar 'n wedloop of drie op internasionale vlak inwerk om Wayde weer in die roetine te kry van deelneem op daardie vlak. Natuurlik hang dit af van die situasie in die wêreld in daardie stadium en of dit veilig gaan wees om Europa toe te gaan.”

Van Niekerk sê vir almal is die eerste prioriteit nou om hulself teen die virus te beskerm.

“Ons almal in die wêreld moet nou net gesond probeer bly en nie die virus versprei nie,” het Van Niekerk volgens Sport24 gesê. “Dis regtig nou belangriker as enige oefening of wedlope.”

Van Niekerk se laaste internasionale wedloop was op 10 Augustus 2017 in die eindronde van die 200 m by atletiek se wêreldkampioenskap in Londen. Hy het toe die silwermedalje gevoeg by die goud wat hy twee dae voor dit in die 400 m verower het.

Nadat hy later daardie jaar 'n kniebesering in 'n raakrugbywedstryd opgedoen het, het hy 2018 se Statebondspele en 2019 se wêreldkampioenskap gemis.

Nou het 'n situasie wat heeltemal uit sy hande is, sy terugkeer na die internasionale verhoog verder vertraag, maar Van Niekerk is nie in sak en as daaroor nie.

Hy erken hy is teleurgesteld dat die Spele nie vanjaar gaan plaasvind nie, maar hy is ook verlig dat dit nie heeltemal afgestel is nie.

“Ek probeer die positiewe kant sien. Ek het nou meer tyd om voor te berei, te werk en in die res van my loopbaan te belê – meer tyd om sterker te word en nóg beter te wees by die Olimpiese Spele. Tokio is net nog 'n tree in die hele nalatenskap wat ek wil laat.”

• Van Niekerk se goeie vriend, die naelloop-ster Akani Simbine, het ook gemengde gevoelens oor die uitstel van die Spele.

“Ek is aan albei kante van die draad daaroor,” het hy volgens Sport24 gesê.

“Ek is bly dit is uitgestel, want die jaar was sover vol onstuimigheid. Jy kan nie regtig oefen soos jy moet met al die ontwrigtings wat die koronavirus veroorsaak het nie.

“Maar ek is ook nogal hartseer daaroor, want dit was die jaar waarna ons opgebou het. Om nou nog 'n jaar te wag, was nie deel van ons planne nie.” – Netwerk24

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

7 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

7 ure gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

7 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

7 ure gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...