'Nou dans die boere en die voëltjies sing'

Die Namibiese weerkantoor sê kitsvloede kan in die Hardapstreek voorkom wat reeds ’n papnat naweek agter die rug het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Vragtrein met mangaan wat ’n verspoelde spoor byster raak, die Nautedam se sluise wat oopgetrek is en riviere wat kant en wal vloei, was deel van die somtotaal van die hemel se sluise wat die naweek wyd oor die suide van die land oopgemaak het.

Met die Namibiese weerkantoor wat vir vandag opnuut waarsku oor die moontlikheid van kitsvloede in Khomas en Hardap, is daar plekke in die Suide waar oor die naweek tot 90 mm uit reënmeters gegooi is.

Een slagoffer van die swaar neerslae was die mangaantrein van Africa Rail wat tussen Guibes en Schakkalskuppe sowat 60 km voor Aus ontspoor het, nadat swaar reën ’n gedeelte van die spoorlyn weggekalwe het. Volgens TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, het die lokomotief en die vier waens ontspoor. Geen personeel is tydens die ontsporing beseer nie.

Volgens mnr. Hein Köster van die plaas Kuibis waar die trein ontspoor het, het 52 mm in ’n baie kort tyd op die plaas geval. Verlede jaar het sy plaas sowat 40 mm vir die jaar gehad.

Gister is die sluise van die Nautedam by Keetmanshoop oopgetrek nadat “al wat ’n rivier in die omgewing is” volgens ’n inwoner geloop het. Die sluise is 09:00 oopgetrek toe die dam 111% vol was.

Om die vlak minstens tot op 100% te bring, het NamWater begin om 400 kubieke meter water per sekonde vry te laat, met die uitvloei wat sowat sewe ure sou duur. Teen 13:00 het die kapasiteit op 107,1% gestaan en teen 15:30 was daar nie meer enige noemenswaardige invloei in die dam nie.

Die Nautedam word gevoed deur die Löwen- en Guruchabriviere. Rolspelers wat moontlik geraak kan word wanneer die dam se sluise oopgemaak word, is die Eldahara-besproeiingsprojek, die vakansieoord by Ai-Ais asook gemeenskappe wat stroomaf bly.

Saterdagaand het die Holoogrivier ook kant en wal geloop en moes motoriste noodgedwonge Grünau omry op pad Keetmanshoop toe.

Volgens ’n ingeligte bron by NamWater het tot 90 mm in die Aroab-omgewing geval met dié water wat Saterdagnag na die Nautedam gevloei het. Volgens die bron is die “vloeitempo van ons riviere hoër as wat ons besef”.

“Naute reën vir ’n grap vol en die sluise word omtrent elke jaar oopgetrek,” het hy gesê. Volgens hom is die Suide se werklike reënseisoen “meer na April se kant toe” en is dié neiging “steeds redelik in plek”, met niks abnormaal aan die reënval wat die streek tans ontvang nie.

Die Neckartaldam is tans 93% vol en volgens die bron sal “enige ou reëntjie” dit laat oorloop. Sou dit gebeur en die Naute se sluise is oop, is die kanse volgens hom dat Ai-Ais moontlik weer skade kan kry.

PAAIE ONDER SKOOT

Gister was die C14-roete in die Suide en die grondpad van Aus, Helmeringhausen tot 35 km voor Maltahöhe nog in ’n goeie toestand. Sowat 35 km voor Maltahöhe het swaar neerslae voorgekom en word klein voertuie en dié wat nie viertrek is nie, aangeraai om eerder om te draai. Inwoners van die dorp sê riviere onderweg na die kus het ook die naweek gevloei.

’n Motor is Saterdag deur ’n vinnig stygende rivier op die pad tussen Keetmanshoop en Aroab meegesleur. 'n Nabygeleë plaaseienaar kon daarin slaag om die bestuurder en passasiers na veiligheid te bring.

In Mariental was inwoners sonder elektrisiteit nadat swaar reën en hewige wind die hoofkraglyn omgewaai en beskadig het.

Toerismebestemmings geleë op die oewers van die Oranjerivier was reeds vroeër aan die ontvangkant van die rivier wat sy walle oorstroom het. By Amanzi Trails River Adventure in Noordoewer is van elektriese drade asook die hele dreineringstelsel tot een stoorkamer deur die water beskadig.

Op die Facebookblad Reën in Namibia is die welkome reën deur een gebruiker opgesom as “nou dans die boere en die voëltjies sing!”

Meterlesings vir Hardap en ||Kharas het Mount D’Urban naby Helmeringhausen (26 mm), Kuibis (52 mm) tot Mariental (39 mm) en Keetmanshoop (30 mm) ingesluit. By Skrapklip op die Aroabpad het dit ook lekker gereën.

In die Noorde is onder meer 27 mm in die Otavi-vallei uit die reënmeter gegooi, meer as 50 mm by die Ludwigshaven-plotte noord van Tsumeb, 24 mm naby Ghaub tussen Otavi en Tsumeb en tot 48 mm op die dorp self.

In Windhoek het van Khomasdal (19 mm), Cimbebasia (36 mm), Academia (22 mm), Windhoek-Wes (17 mm) tot Olympia (18 mm) en Suiderhof (15 mm) ’n nat naweek gehad.

Die Namibiese weerkantoor voorspel wydverspreide donderbuie vir vandag vir Khomas en Hardap met die moontlikheid van kitsvloede op plekke. Die voorspelde reën versprei môre na die Otjozundjupastreek.

[email protected]

FOTO’s
Een slagoffer van die swaar neerslae was ’n vragtrein met mangaantrein Africa Rail wat tussen Guibes en Schakkalskuppe sowat 60 km voor Aus in die Suide ontspoor het. FOTO's MONIQUE ADAMS
André de Jager deel die sonsopkoms buite Windhoek.
Dixon Pierewiet Coetzee se foto.
Jaco Barnard deel die weerlig suid van Windhoek op die D1463.
Windhoek kry water, sê Philip Stofberg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25%