Nou begin gespook om sokkerspan uit grot te kry
Nou begin gespook om sokkerspan uit grot te kry

Nou begin gespook om sokkerspan uit grot te kry

Reddingswerkers in Thailand moet nou spook om ’n span van 12 seuns uit ’n oorstroomde grot te kry nadat hulle vir nege dae vermis was en Maandag gevind is.

Lede van die vloot het die groep en hul afrigter in die grot Tham Luang Nang Non op die grens met Laos en Mianmar gevind, berig The Guardian.

Narongsak Osottanakorn, goewerneur van die provinsie Chiang Rai, het gewaarsku dat die span nog nie veilig is nie en die reddingsoperasie nog voortduur.

Die seuns, wat tussen 11 jaar en 16 jaar oud is, en hul afrigter (25) het op 23 Junie vermis geraak nadat hulle die grot verken het en deur stygende vloedwater weens stortreën vasgekeer is.

Intussen word water uit die grot gepomp om die reddingspogings by te staan.

Omstanders by die grot se ingang het feesgevier toe dit bekend gemaak is dat die kinders gevind is, maar is oordonder deur die geraas van waterpompe en pompe wat die suurstoftenks van die duikers vul, berig BBC.

Daar word nou gefokus om mediese behandeling en kos aan die groep te voorsien. Hulle is lede van die Moo Pa-sokkerspan.

Ekkapol Janthawong, die assistentafrigter, is bekend daarvoor dat hy die span op uitstappies neem, wat ’n besoek aan dieselfde grot twee jaar gelede insluit.

Die jongste lid (11) het begin sokker speel toe hy sewe jaar oud was, terwyl die kaptein 13 jaar oud is en glo as die groep se “motiveerder” dien.

Altesaam 132 lede van die Thaise weermag, vloot en polisie het dag en nag gespook om die kinders op te spoor, met kenners van Brittanje en Amerika wat via Japan aangesluit het.

Lede van die Amerikaanse vloot het Saterdag diep in die grot ingegaan en blykbaar ’n paar kilometer gekom van waar die span aanvanklik was.

Ander duikers, insluitend van Thailand, het Maandag toe verder gekom nadat die diep water begin terugsak het.

Verskeie spanne het deur die dik oerwoud bo die grot beweeg op soek na ’n nuwe openinge na die grot wat na die seuns kan lei.

Hulle het ná ’n sokkeroefening per fiets na die grot gery en glo deur ’n 15 m lange tonnel gekruip, wat later heeltemal oorstroom het.

Goeie weer Maandag het egter bygedra dat die duikers dieper in die grot kon ingaan terwyl die watervlak as gevolg van die pompe geleidelik gedaal het.

Meer as 1 000 mense neem aan die reddingspoging deel, insluitend spanne van China, Australië, Mianmar en Laos.

Volgens die BBC moet daar nou gewag word vir die watervlak om te sak en dit kan tot vier maande duur. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!