Nou aan die gang

Minette Brink
» Take Note bied vandag en môre hul jaarlikse Tuinfees aan. Gaan luister na van ons land se voorste kunstenaars en sangers terwyl jy die lekkerste kos en drankies geniet. Diegene wat al die fees bygewoon het, sê die tuine het ‘n magiese gevoel en herinner sterk aan Europa. Bekendes soos Vaughn, John Rock Prophet, Road House Blues Band, Jacob & Taylor gaan optree. Die fees skop vandag om 18:00 af en die lekkerte duur tot 24:00. Môre begin die dans om 12:00 af en jy kan tot middernag makietie hou.

» Aandag alle boekwurms! Die Goethe-instituut in Windhoek hou vandag en môre ‘n boekmark. Nuwe en tweedehandse boeke is beskikbaar teen billike pryse. Die mark open daagliks om 9:00. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na

» Die derde weergawe van die Kapana-fees is vandag, môre en Sondag weer by die Khomasdal-stadion in Windhoek aan die gang. Gaan geniet van die lekkerby wat deur die beste kapana-kokke voorberei is. Die hekke maak daagliks om 12:00 oop. Vir verdere inligting besoek alleventsinwindhoek.com.na/events

» Die produksie For Colored Girls Who Have Considered Suicide/When The Rainbow is Enuf is die dramaturg, romanskrywer, digter en kunstenaar Ntozake Shange se eerste en mees bekroonde werk. Hierdie baanbrekerswerk is ’n klassieke werk wat verhale van liefde, bemagtiging, stryd, genesing en susterskap deel. Die verhale word vertel van sewe vroue wat daagliks onderdrukking in die samelewing ervaar. Deur middel van poësie, voordrag, sang en beweging leef elke vrou haar oorlewingsverhaal (van seksisme en rassisme) met eerlikheid en humor uit. Die Namibiese skrywer en regisseur Jenny Kandenge behartig die algehele regie, met Lize Ehlers as musiekregisseur en Nikhita Winkler as choreograaf. Die produksie vorm deel van die wêreldwye veldtog 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld. Dit word vanaand en môreaand by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) opgevoer. Die show begin elke aand om 20:00 en kaartjies is by Computicket beskikbaar.

» Die gewilde Boeremark vind weer môre by die Windhoek-skouterrein van 08:00 -13:00 plaas. Allerlei lekkernye, tweedehandse produkte, Kersgeskenke en vele meer is beskikbaar. Vir meer inligting kontak Esmé by 081 277 8766.

» Die Groensentrum op Swakopmund bied môre sy jaarlikse Kersmarkie aan. Die markie is veral bekend vir handgemaakte items, kunsvlyt, Kersversierings, feestelike Adventkranse, Glühwein en ligte verversings om die Kersseisoen op 'n heerlike noot af te skop. Besoek die mark by Libertina Amathilastraat no. 5. Die ingang is oorkant die A La Mer-gastehuis.

» Môre vind ’n gevorderde droomvangerwerkswinkel plaas. Geniet ’n middag van skeppende pret terwyl jy leer hoe om ’n droomvanger te maak. Alle materiaal word verskaf. Jy het geen ervaring nodig nie en hoef nie kunstig te wees nie. Die werkswinkel begin om 12:30 en duur tot 16:00. Die koste beloop N$400 per persoon en sluit ’n gesonde versnapering in. Kontak Suzi by 081 129 6244 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir besprekings.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Ná die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien.

Dinsdag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Project Room bied met trots die uitstalling Me Time aan, wat vandag open. Me Time is ’n groepuitstalling deur Jacqui Jansen van Vuuren (keramiek) en Frieda Lühl (juwele). Beide die kunstenaars het ateljees waar hulle gereeld kunsklasse en ander kreatiewe werkwinkels aanbied. Die uitstalling fokus op wat die twee kunstenaars die afgelope jaar geskep het. Die opening vind om 18:00 plaas en toegang is gratis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!