Nossob-plase steier onder misdaad

N$900 500 weg in eerste ses maande

07 July 2021 | Misdaad
Elvira Hattingh – In slegs die eerste ses maande van 2021 het landbouers in die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) se gebied verliese van reeds N$900 500 aan diefstal gely – meer as dubbel die verliese wat in die eerste halfjaar van 2020 ervaar is.

Tóé is gesamentlike verliese van nét onder N$400 000 gely.

Sedert Januarie vanjaar is kleinvee ter waarde van N$121 500 in die omgewing gesteel, asook grootvee met ’n beraamde waarde van N$529 250, wild ter waarde van N$102 750 en ander items ter waarde van sowat N$147 000.

Januarie en Maart was die maande waarin diefstal hoogty gevier het, met N$109 500 se kleinvee wat in Januarie alleen gesteel is en N$132 000 se grootvee wat weer in Maart gesteel is. In laasgenoemde maand is ander items, soos infrastruktuur ter waarde van N$132 000, ook in die gebied gesteel.

Grootvee en wild blyk van die gewildste items te wees wat in dié omgewing gesteel word, wat die Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing insluit.

Die nuus kom kort nadat ’n yslike 23 speenkalwers ter waarde van N$200 000 verlede week op die plaas Mundtsfarm gesteel is. Die speenkalwers behoort aan mnr. Christie Grobbelaar en is met twee lorries weggery terwyl hy nie op die plaas was nie.

STATISTIEK

Die teenmisdaadforum se voorsitter, mnr. Jürgen Matthaei, het aan Republikein gesê diefstal in die NCPF se gebied het die afgelope week-en-’n-half weer toegeneem, kort nadat vermeende veediewe op borgtog vrygelaat is.

Matthaei het aan die koerant statistiek voorsien wat deur die teenmisdaadforum bygehou word oor diefstal en stropery in die gebied. Hy het tevore gesê hul statistiek verteenwoordig slegs gevalle wat aangemeld word en die werklike syfers is waarskynlik veel erger.

Hy vermoed net sowat 70% van gevalle van diefstalle en stropery word wel by hulle aangemeld.

Vir verlede jaar het boere in die omgewing ’n totale gesamentlike verlies van meer as N$1,6 miljoen weens die diefstal van infrastruktuur, klein- en grootvee en wild op plase gely. Dit sluit in vee en wild ter waarde van meer as altesame N$700 000, asook N$259 260 se infrastruktuur en ander items.

Matthaei sê dis duidelik die veediefstal gebeur nie meer omdat mense honger is nie, maar dat dit nou ’n geldmaakstorie is. Ook is die vermoede dat plaaslike “sakemanne” agter die stelery sit en dat lede uit die gemeenskap vir hulle werk.

[email protected]


FOTO
In Mei vanjaar is die beeste in die omgewing van Schlip geslag. Foto's verskaf

Soortgelyk

 

Kletskompas videokompetisie 2021 – Week 2

3 ure gelede | Gebeure

SMS vir jou gunsteling video en wen leserspryse ter waarde van N$25 000.WhatsApp jou video na 0811 7000 10 om deel te neem en wen...

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hertel stembriewe

3 ure gelede | Howe

Augetto Graig - Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) doen vandag die hertelling van stembriewe in die streeksraadsverkiesing van 25 November 2020 in die Ndonga Linena...

Veiligheidswag agter tralies vir beweerde diefstal

5 ure gelede | Misdaad

Die sekuriteitswag wat landwyd gesoek is nadat hy met met 'n reuse bedrag kontant verdwyn het, is vasgetrek. Ricardo Oxurub (35), 'n sekuriteitswag van G4...

Kampplekke op Shark Island eersdaags weer oop

5 ure gelede | Toerisme

Die opknap van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se kampplekke op Shark Island sal op 8 Oktober voltooi word. Die opknappingswerk sluit die ablusieblokke, die veldkombuis...

Nictus sê oor brand op Tsumeb

6 ure gelede |

Die oorsaak van die brand by Nictus se tak op Tsumeb is nog nie vasgestel nie. Volgens 'n verklaring het die brand wat gister ontstaan...

Nictus op Tsumeb se stoorkamer in brand verwoes

7 ure gelede |

'n Brand het gisteraand in 'n stoorkamer van Nictus se tak op Tsumeb ontstaan en alle voorraad verwoes. Die stoorkamer is reg agter die winkel...

Nuwe wet oor drank sal belasting, werk sny

17 ure gelede | Regering

Augetto GraigMiljarde dollar se staatsinkomste en honderde werksgeleenthede is op die spel, sou die regering deurdruk met die omstrede konsepwet op die voorkoming en behandeling...

Ou polisiebakkie kry nuwe baadjie

17 ure gelede | Gemeenskap

Erwin LeuschnerDit lyk soos ’n splinternuwe polisievoertuig, maar dié bakkie het reeds meer as 200 000 kilometer gery. Verskeie private maatskappye op Swakopmund het die...

Weer vir 23 September 2021

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die //Kharas-, Khomas- en Omahekestreke. Elders gedeeltelik bewolk en baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle...