NOORDERLIG: Nuwe vooruitsigte vir krokodilplaas

Die krokodilplaas op Otjiwarongo het uitsigte oor die grootste krokodilbevolking in die noorde van Namibië, asook goeie diens en verblyf.

14 October 2021 | Toerisme
Ester Kamati op Otjiwarongo

Die krokodilplaas is een van Otjiwarongo se moet-sien-bestemmings.
Dit het ’n lieflike buitetuin waar 'n mens kan gaan sit en 'n bietjie vars lug kan skep.
Die plaas huisves ook meer as 2 500 krokodille, waarvan die oudste 60 tot 70 jaar oud is.
Die boerdery bied ’n begeleide toer om krokodille van verskillende ouderdomme en groottes te besigtig en hoe hulle interaksie met mekaar het. Boonop is daar op Saterdae ’n krokodilvoedingsprogram wat die publiek kan bywoon.
Besoekers kry ook die geleentheid om ’n krokodil vas te hou en foto’s te neem – onder die waaksame oë van die gids.
Die fasiliteit bied ook verblyf teen billike pryse en ’n wye verskeidenheid disse op die spyskaart wat ook krokodilgeregte as 'n lekkerny insluit.
Uiteraard is die krokodilsteak een van die gewildste disse.
’n Huis met twee slaapkamers is vir gaste beskikbaar wat as ’n gesin wil oornag. Die eenheid beskik oor ’n kombuis en 'n sitkamer. Twee luukse kamers is ook beskikbaar.
Die besigheid is in 1985 as ’n krokodil- en slangplaas begin. Die huidige eienaars bestuur dit die afgelope tien jaar en het die verblyfgeriewe en die restaurant bygevoeg.
Tans beskik die fasiliteit ook oor ’n speelpark vir kinders, waar hulle op die wipplank kan speel, die dag kan wegswaai of op die rondomtalie kan draai. Daar is ook verskeie hase waarna die kinders kan kyk.
’n Paar items van krokodilleer, soos onder meer beursies, gordels en handsakke, is ook beskikbaar en daarby gee hulle kopers ’n sertifikaat wat hulle by die grensposte kan wys.
Toekomsplanne sluit in om ’n vervaardigingsaanleg te begin waar hulle hul eie produkte van krokodilvel kan maak.
Die plaas se bestuurder, Dieter Noelle, het gesê dit is raar in Namibië om mense te vind wat vaardig genoeg is om met krokodilleer te werk, en dat hulle gewoonlik hul leer na Suid-Afrika stuur om verwerk te word.
Alhoewel hulle maklik toegang tot krokodilleer het, is dit ’n duur proses om die leer te berg en om in ’n ander land te verwerk.
Hy hoop dus dat hulle binnekort hul eie vervaardiging sal kan doen. “Ons wil ’n werkswinkel hier hê,” het hy gesê. “Daar is reeds 'n plekkie hiervoor toegeken.”
Hulle het reeds begin om kwotasies vir toerusting aan te vra.
“Dit is egter net so belangrik om iemand te kry wat die vermoë het om met krokodilleer te werk.”
Covid-19 het baie van die nuwe planne tot stilstand geruk, maar planne gaan voort om die plaas as ’n navorsing- en opvoedingsfasiliteit te gebruik, waar studente meer oor krokodille kan leer.

Soortgelyk

 

Veldbrande woed al tien dae

10 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

10 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

10 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

10 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

10 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

10 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

10 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...

Opflikkering in inentings

10 ure gelede | Gesondheid

> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik...

Weer vir 3 Desember

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms kan oor die naweek in die verre Noorde voorkom. Koue lug word die naweek oor //Kharas verwag. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm...