Noordelike verbypad beplan

Die voorgestelde projek is in 'n baie vroeë stadium en sal van die B1-hoofweg by Onethindi tot by Oshakati strek.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato - Die Paaieowerheid (RA) het planne laat vaar om die Ongwediva-Ondangwa-pad in 'n dubbelweg te omskep ten gunste van 'n verbypad tussen Onethindi en Oshakati.

Die nuwe padprojek sal vanaf die B1-hoofweg by Onethindi strek en sal verkeersdruk op die besige pad tussen Ondangwa en Oshakati verlig.

Die ander motivering vir die nuwe projek is die hoë koste verbonde aan die vergoeding van honderde grondeienaars langs die beplande hoofweg.

Die RA se woordvoerder, me. Hileni Fillemon, het bevestig die ontwerp van die projek is byna voltooi.

Sy het bygevoeg die RA is ook besig om te bepaal hoeveel mense deur die pad geraak sal word wat deur hul mahangulande sal loop.

Die projek het ten doel om ongelukke en verkeersopeenhopings in dié gebied te verminder.

“Die ontwerp van die Ondangwa-Oshakati-verbypad is byna voltooi. Ons is seker dit sal voor die einde van Junie vanjaar voltooi wees,” het Fillemon gesê.

Sy het bygevoeg konstruksie sal begin sodra fondse vir die projek beskikbaar gemaak word.

Die RA het aanvanklik beplan om die Omuthiya-Ongwediva-pad na 'n dubbelweg of hoofweg uit te brei, maar weens die aantal strukture wat langs die pad opgerig is, het die maatskappy besluit om 'n nuwe verbypad te bou wat verby Ondangwa, Ongwediva en Oshakati na die suide strek.

“Ons gaan net die Omuthiya-Onethindi-pad in 'n dubbelweg omskep. Die projek sal 15 km vanaf Omuthiya op die Oshivelo-pad begin en tot by Onethindi strek.

“Vanaf Onethindi sal dit verby Ondangwa, Ongwediva en Oshakati in die suide strek en dan weer by die hoofpad aansluit net voor Oshakati. Dit beteken ons gaan 'n nuwe pad bou, 'n verbypad tussen Ondangwa en Oshakati,” het Fillemon gesê.

Die RA het van plan verander nadat die eienaars van strukture langs die pad nie oortuig kon word om konstruksie te stop nie, hoewel hul strukture binne ’n verbode afstand van die hoofpad af is.

Bronne met vertroulike kennis van RA-sake sê dit is die derde keer dat die plan aangepas is.

Volgens 'n kundige, wat anoniem wil bly, was vorige planne te duur.

Die RA sou ook baie geld moes bestee aan die vergoeding van grondeienaars.

Dit is bevestig deur die tradisionele leiers van sommige nedersettings langs dié roete.

Hulle het gesê inwoners wat deur die padprojek geraak sou word, is ingelig dat dit nie meer gaan plaasvind nie.

ONTKENNING

Fillemon het hierdie beweringe ontken en gesê daar is geen ander plan nie en dat die RA nie 'n klomp geld op vergoeding sal spandeer nie.

“Hierdie inligting is nie korrek nie, hoewel dit die RA se bedoeling is om 'n klein aantal grondeienaars te hervestig. Die projek vereis baie roetebeplanning waarmee ons tans besig is," het sy gesê.

Voorheen is berig dat die RA vasgevang was in 'n dispuut met tradisionele leiers oor strukture wat te naby aan die hoofpad tussen Ongwediva and Ondangwa opgerig is.

Van die bouers het briewe ontvang wat hulle beveel om hul strukture te vernietig, maar hulle het geweier en die RA daarvan beskuldig dat hulle nie 'n openbare bewusmakingsveldtog van stapel gestuur het om die huidige situasie te voorkom nie.

“Dit was hierdie dispuut wat die RA gedwing het om die plan te laat vaar om die Ongwediva-Ondangwa-pad uit te brei, want baie bouers het hul geboue binne 100 m van die hoofpad af opgerig wat teen die paaieowerheidswet is," het die bron gesê.

Tydens 'n vergadering met tradisionele leiers op Omuthiya verlede maand het die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie gesê die RA se ingenieurstegnikus, mnr. Silas Titus Temba, het lede van die gemeenskap tussen 1993 en 1995 gewaarsku om nie binne 100 m van die pad af te bou nie.

Geen cuca-winkels

Temba het tydens die vergadering gesê cuca-winkels langs die Oshivelo-Onethindi-pad wat binne 100 m van die pad is, sou vir die paduitbreiding vernietig word.

“Die 1995 waarvan hulle praat, is baie lank gelede. Die meerderheid van dié wat toe ingelig was, is nie nou meer aan die stuur van ontwikkeling nie. Die bewusmaking was veronderstel om voort te duur,” het 'n bron opgemerk.

Fillemon het gesê die bewusmakingsveldtogte tussen 1993 en 1995 was effektief en dit is deur sommige tradisionele leiers tydens die Omuthiya-vergadering bevestig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%