Noorde: Té nat én té droog

Jubelsange én smeekgebede word landswyd oor die reën gehoor, met weerkenners wat hoop koester vir sommige dorre gebiede.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl boere in Namibië se Mieliedriehoek reeds drie weke lank wag dat die reën hulle net ’n paar dae kans moet gee om te begin ploeg, word ’n stryd in die verre noordwestelike dele gevoer dat bestaansboere se laaste kleinvee moet oorleef.

Boonop het dit nog nie genoeg in die sentrale Noorde gereën nie en word die gewasseisoen hier ook vertraag.

Mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouprodusente-vereniging (APV), het gister aan Republikein gesê boere in die Mieliedriehoek is ontsettend dankbaar vir die reën, maar dat hulle nou die laaste week binnegaan voor mielies se planttyd verstryk. Die lande is egter tans té nat vir ploeg- en plantwerk.

Hy sê vanaf 28 Desember het dit bykans onophoudelik gereën, met talle boere wat in net dié weke tussen 350 mm en 500 mm reën ontvang het.

Eggert meen indien die reën produsente nie die kans gun om binnekort in die lande in te kom nie, kan dit mielies se plant- en oessyfers raak, maar dat boere dan sal oorweeg om gewasse soos voergewasse, sonneblomme en akkerbone te plant.

“Ons wil nou uit die blokke kom,” het hy gesê.

KONTRAS

Daarteenoor sê Kunene vir Christus se ds. Erik van Zyl bestaansboere in die Noordweste – die tradisionele Kaokoland en Damaraland – se bokke begin selfs nou vrek, terwyl reën in dié gebiede steeds wegbly. Die vorige jare se droogtes het reeds hul beeste geëis.

“Dit is geweldig droog en die situasie is benard,” het Van Zyl in ’n sinodale nuusbrief van die NG Kerk Namibië geskryf.

“Die euforie oor die milde reëns elders, verdring op die oomblik die nood van hierdie mense – en dit spoel oor tot diep in die aangrensende oostelike dele,” het hy gesê.

Republikein kon met sy vrou, Hester, gesels, wat gesê het Van Zyl het gister (Maandag) juis op ’n weeklange uitreik na dié gebiede vertrek met ’n ton geskenkte pap wat hy daar uitdeel. Sy het gister gesê iemand het hulle uit Opuwo laat weet dit het steeds nie gereën nie.

Van Zyl se Kunene vir Christus-uitreik het die afgelope twee jaar gereeld reise in die gebied onderneem om voedsel te versprei.

Intussen het die #Aodaman- tradisonele owerheid se hoofman in die Kunenestreek, mnr. Petrus Uukongo, ook aan Nampa bevestig dat daar nog geen uitkoms vir die droogte in dié streek is nie. Hy het ook ’n beroep op regeringsbystand gedoen.

VERLIGTING

Die afgelope week was egter goed vir Outjo en Kamanjab en weervoorspellings het eindelik gerealiseer, het mnr. Albie van Niekerk, die Namibië Landbou-unie se streekverteenwoordiger vir die Outjo-omgewing, gister aan Republikein gesê.

Die gebied – veral die groter Kamanjab-omgewing – is die afgelope sewe tot agt jaar deur ’n hardnekkige droogte geteister.

Van Niekerk sê in die omgewing waar hy boer – tussen Outjo en Kamanjab – is tussen 40 mm en 50 mm reën die afgelope week wydverspreid aangemeld. Terwyl boere in die groter Kamanjab-gebied tussen 40 mm en 68 mm ontvang het.

“Ons het werklik ’n baie goeie week gehad en enige opvolgreën sal nou wondere verrig om ons uit die droogte te help,” het Van Niekerk gesê.

Hy sê tans kan daar nog nie gesê word dat die jarelange droogte gebreek is nie, alhoewel dit waarskynlik is dat sommige plase die afgelope week meer reën ontvang het as wat hulle in totaal in ’n vorige jaar ontvang het.

“Opvolgreën in Februarie en Maart sal wel die droogte kan breek,” sê hy.

SENTRALE NOORDE

’n Gebrek aan reën vertraag ook die aanvang van die gewasseisoen in die sentrale Noorde.

Mnr. Meekulu gwaNaka, ’n kommunale boer by Oshigambo in die Oshikotostreek het aan Nampa gesê dit is nog te droog om enigiets te plant. Gewasboere in die Oshanastreek sê weens ’n gebrek aan reën kon hulle ook nog nie die grond begin voorberei nie.

Terwyl reënbulletins deur die Meteorologiese Diens van Namibië bevestig dat uitsonderlik min reën in Desember en die eerste twee weke van Januarie in veral die sentrale Noorde, asook noordoostelike dele van die land ontvang is, lyk vooruitsigte belowend.

Die Namibiese weerkantoor meen swaar reën kan vanaf vandag (26 Jan) oor die sentrale noordelike dele voorkom – en ook oor die noordoostelike, sentrale, oostelike en suidoostelike dele van die land. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038