Noorde se watertoevoer bedreig

Boere in die Sentrale Noorde is hard getref weens 'n gebrekkige watertoevoerstelsel.
Augetto Graig
Augetto Graig - Watertoevoer na Oshakati, die Etuna-besproeiingsprojek en sowat 70 onafhanklike gewasverbouers wat tot 2 000 werknemers in diens het, word volgens NamWater bedreig.

Die nasionale waterverskaffer het Vrydag inderhaas die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, laat weet die Calueque-stelsel, wat water aan die Sentrale Noorde verskaf, moet dringend aandag geniet alhoewel die situasie nie kritiek is nie.

Groot lekkasies veroorsaak egter groot vermorsings uit die pype by die pompe wat water uit die Calueque-dam in Angola pomp. Die dam word tans ook gerehabiliteer. Dit verlaag die druk van watervloei na die kanale wat Oshakati voed, het NamWater se uitvoerende hoof, dr. Vaino Shivute, gesê. “Baie water word vermors en vloei terug na die pomphuise waar dit opdam.”

Shivute sê die situasie is ernstig. Volgens hom moet herstelwerk vinnig voltooi word “voordat dit erger raak en die integriteit van die pompskema in gevaar stel asook toevoer affekteer van water aan 'n bevolking wat tot meer as 50% gedurende die feestydperk toeneem”.

Tans is een van die pompe by Calueque afgebreek, en net een pomp werk. Nadat dit reggemaak is, sal die proses met die tweede pomp begin, sê Shivute. Terselfdertyd moet ondergrondse pype herstel word nadat dit vroeër beskadig is weens te hoë waterdruk van Calueque af. Derhalwe is NamWater se toevoer van Calueque in die afgelope weke met die helfte verminder. Benewens watervoorsiening aan die streke Omusati, Ohangwena, Oshana, Kunene en Oshikoto, word die water ook aan die Ruacana-kragstasie verskaf.

Intussen word water uit die NamWater-reservoir, die 17 km lange Olushandja-dam, na die watersuiweringsaanleg op Oshakati gepomp. Dit verg ook meer krag om die nodige waterdruk te behou. NamWater het 'n kontrakteur aangestel om die pompe, pype en die stelsel te herstel. Shivute sê die kontrakteur sal na verwagting die werk oor vier weke voltooi.

Boere wat lid is van die Olushandja Horticulture Producers Association (OHPA) het egter tou opgegooi. Republikein se susterkoerant Namibian Sun het vroeër die maand met die OHPA-voorsitter, mnr. Paulus Amutenya, gepraat. Hy het toe gesê weens die watertekort is plaasprojekte gekanselleer, werkers afgedank en operasies tot stilstand gebring. OHPA-boere maak staat op water van die Olushandja-dam waarvan die vlak al baie laag is.

Daarbenewens kry die belangrike Groen Skema Etunda-besproeiingsprojek ook nie water nie. Die 126 werknemers by die regering se kommersiële mielieverbouing-kleinhoewe sit saam met die 82 kleinskaalboere wat aan die skema deelneem, sonder water.

Shivute het die gewasverbouers se situasie erken en aan Mutorwa verduidelik dat die Olushandja-dam as nood- en sekuriteitsbron vir die Sentrale Noorde beplan is. Die droogte van die afgelope vier maande en verhoogde verdamping het ook die belangrike dam se vlak laat daal, het hy gesê.

“Die pyp wat herstel word, is 12 meter onder die grond en die herstelwerk word daarbinne gedoen, wat onsekerheid skep oor die vlotheid waarmee die projek suksesvol voltooi sal word,” het Shivute gewaarsku. NamWater se eie span is volgens hom ook op die terrein om ondersteuning te bied, vordering te monitor en vinnige herstel van normale toevoer te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12%