Noorde-Leeus reg vir Brasilië

Sokker
NAMPA
Die Leeus, 'n vyfmansokkerspan van Oshakati, het gister na Suid-Amerika vertrek om komende Vrydag en Saterdag saam met spanne van 59 lande aan die jaarlikse Neymar Junior Five-kampioenskap deel te neem.

Die span sal as die Namibian Lions bekend staan. Hulle word deur kaptein Pieter Hailombe aangevoer, met Paulo Coelho as bestuurder.

Hailombe sê sy span is reg ingestel en sal graag die kompetisie wil wen wat op 'n vinnige sementbaan gespeel word.

“Ons gaan nie Brasilië toe om te gaan vakansie hou nie, ons gaan om te wen. Die span wil as wêreldkampioene die trofee huis toe bring. Ons verkeer onder geen illusie nie en weet dat al die ander lande met dieselfde doel daarheen gaan. Ons gaan dinge nie vooruit loop nie en sal dinge wedstryd vir wedstryd hanteer.

”Ons het die kampioenskap in Namibië gewen wat deur Bank Windhoek en Red Bull ondersteun was. Dit het vir ons moontlik gemaak om vir die eerste keer buite Namibië te reis. Ek en my spanmaats was nog nie in 'n vliegtuig nie en dit sal die eerste keer wees dat ons sal vlieg. Ons gaan op die uitkyk wees vir geleenthede gedurende en ná die kampioenskap,” het die kaptein gesê.

Coelho vertel die Leeus het goed geoefen en lyk honger vir wat voorlê.

“Ons het reeds tyd in die gimnasium bespreek. Ons gaan dinge stadig vat en nie vooruit loop nie. Die span sal sy planne vir elke wedstryd smee en hul mededingers goed dophou.

“Al die ouens is redelik ontspanne, maar ek dink die groot oomblik gaan hulle tref wanneer ons in Brasilië land,” het hy vertel.

Die wêreldfinaal begin Vrydag met die groepfases en die uitkloprondes wat die volgende dag afgehandel sal word.

Die spelers is Hailombe, Prince Shivute, Erastus Kalula, Onesmus Ashipala, David Johannes, David Josua en Absalom Hatutale.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!