Noorde bly nat
Die watervlakke van die Cuvelai-Iishanas is volgens die jongste verslag van die hidrologiese dienste van Namibië steeds baie hoog, ná goeie neerslae wat in die opvangsgebied ontvang is. Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo staan op 5,91 m, wat hoër as normaal is. Dit is ook hoër as wat dit dieselfde tyd verlede jaar was. Voorts is die Zambezi-vloedvlaktes ook oorstroom, terwyl nog vloede verwag word. Dié foto is op 13 Maart deur Heinrich Zehrt geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie