Noord-Koreaanse diplomaat vir ondervraging gesoek
Noord-Koreaanse diplomaat vir ondervraging gesoek

Noord-Koreaanse diplomaat vir ondervraging gesoek

Maleisië
Estelle de Bruyn
Maleisiese polisie het gister 'n senior beampte van die Noord-Koreaanse ambassade en 'n personeellid van Noord-Korea se staatslugredery se name bekend gemaak en sê hulle word vir ondervraging gesoek in verband met die moord verlede week op Kim Jong-nam, die vervreemde halfbroer van die Noord-Koreaanse leier.

Kim Jong-nam is op 13 Februarie op die Internasionale Lughawe Kuala Lumpur dood terwyl hy gereed gemaak het om aan boord van 'n vlug na Mácau te gaan. Hy het daar in ballingskap met sy familie onder die beskerming van Beijing gewoon.

Kim Jong-nam het hom in die verlede sterk uitgespreek teen die dinastiese beheer van sy familie oor die afgesonderde kernbewapende land.

Volgens die polisiehoof, Khalid Abu Bakar, word Hyon Kwang Song, die tweede sekretaris van die Noord-Koreaanse ambassade en die Air Koryo-personeellid, Kim Uk Il, deur die polisie gesoek.

Bakar het gesê albei is in Maleisië.

Die polisie sê geen familielid van Kim Jong-nam het tot dusver na vore gekom om sy oorskot op te eis of om DNA-monsters te voorsien nie.

Maleisië het gesê hulle sal die oorskot net aan naasbestaandes besorg nadat die oorsaak van sy dood en sy identiteit bevestig is.

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!