Noord-Kaap kom kuier
Noord-Kaap kom kuier

Noord-Kaap kom kuier

Toerpakkette wat bestemmings in beide streke insluit, is in aanvraag.
Augetto Graig
Augetto Graig



Verlede week Woensdag het die Noord-Kaap se toerisme-owerheid 'n geleentheid by die Hilton-hotel in Windhoek bygewoon om betrekkinge met die plaaslike toerismebedryf en Namibië se media te versterk.

Volgens mnr. Victor Barbery, raadslid van die Noord-Kaap se toerisme-owerheid, het sy streek verskeie kulturele en historiese verbintenisse met Namibië wat deur gedeelde toerisme versterk kan word.

Mnr. Peter Mckuchane, hoofbestuurder vir besigheidstoerisme in die Noord-Kaap, het melding gemaak van verskeie toeriste-aantreklikhede in sy streek.

Hy het gesê die streek wat aan die suide van Namibië grens, deel drie bemarkingspilare met die suide van Namibië, naamlik “ware natuur, ware kultuur en ware avontuur”.

Dit moet volgens hom ontgin word - veral omdat toeroperateurs wêreldwyd groot belangstelling in vakansiepakkette toon wat voorsiening maak daarvoor dat hulle meer as een land op 'n slag kan besoek.

Die Noord-Kaap lok reeds heelwat besigheidstoerisme - ook danksy die massiewe Mittah Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley.

Met vakansiepakkette kan besigheidsmense langer op die subkontinent bly en gebruik maak van die geleentheid om ander toeristebestemmings ook te besoek.

“Ons moet ons aanbiedinge kombineer omdat dit groot geleenthede vir ons almal inhou,” het hy gesê.

Nog 'n ontwikkeling in die Noord-Kaap is die groeiende belangstelling in unieke gebeure, soos AfrikaBurn, wat dié jaar 12 000 besoekers gelok het, van wie 9 000 buitelanders was.



goeie gidse 'n sterk punt

Mckuchane het gesê hulle is reeds in gesprek oor hoe die Noord-Kaap en suidelike Namibië meer kan baat by Lüderitz se jaarlikse kreeffees.

Die Suid-Afrikaners sou ook Woensdagmiddag met die Namibiese Toerismeraad vergader om die beter benutting van vakansiepakkette te bespreek.

Volgens me. Dianna Martin, die Noord-Kaap se bemarkingsbestuurder vir toerisme, is goed opgeleide toer-, natuur- en onderwerpgidse 'n sterk punt.

Sy het gesê die opleiding van gidse in haar streek word ondersteun deur die nasionale regering, streeksowerhede en plaaslike owerhede om werkskepping en 'n volhoubare toekoms vir plaaslike mense te verseker.

Finansiële ondersteuning van opleiding is dus maklik beskikbaar, het sy gesê.

Volgens Martin is selfdoen-toere geweldig gewild in die Noord-Kaap en sal baie van dié pakkette in Namibië van soortgelyke vervoeropsies gebruik maak.

“Ons paaie is in 'n goeie toestand en nie baie besig nie. Daar is min groot lorries op die pad en die padtekens is effektief.

“Internasionale besoekers vind dit maklik en daar is altyd vriendelike plaaslike mense om te help in 'n noodgeval,” het Martin verduidelik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!