Noord- en Suid-Korea se samesprekings vorder goed
Noord- en Suid-Korea se samesprekings vorder goed

Noord- en Suid-Korea se samesprekings vorder goed

Noord- en Suid-Korea het Dinsdag hul eerste gesprekke gevoer oor hoe om die grens te demilitariseer, sê ’n woordvoerder van Suid-Korea se departement van verdediging.

Hulle het verlede week saamgestem om weer spoorlyne en paaie te verbind ten spyte van Amerika se waarskuwings.

Volgens Amerika kan die vinnige herstel van betrekkinge tussen die twee lande druk op Noord-Korea om sy kernwapens prys te gee, ondermyn.

NIEMANDSLAND

Reuters berig Dinsdag se vergadering volg op die beraad in September tussen Noord- en Suid-Korea waar die twee lande ooreengekom het om onder leiding van die Verenigde Nasies (VN) die beste manier te vind om hul grens te demilitariseer. Die VN hou toesig oor die niemandsland wat die twee lande skei.

Op die vergadering tussen kol. Burke Hamilton, sekretaris van die VN se wapenstilstandskomitee, en senior weermaglede van albei lande is die verwydering van landmyne op die grens bespreek.

Indien dit suksesvol afgehandel is, sal wapens verwyder en wagposte gesluit word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!