Nooiensvlug land op Hosea Kutako
‘n Airbus A330-200 van Eurowings Discover het gister vir die eerste keer op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 218 passasiers aan boord geland. Vlugte van Eurowings Discover, die nuutste lugredery in die Lufthansa-groep, sal vanjaar Namibië en Duitsland vyf keer per week verbind. Daar word beplan om vanaf Maart 2022 daagliks van Frankfurt na Windhoek te vlieg en drie keer per week na Victoria Falls in Zimbabwe. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie