Noodvergadering oor Meatco-afleggings

16 April 2021 | Landbou
Ronelle Rademeyer – Die direksie van Meatco het gistermiddag ’n noodvergadering in Windhoek gehou om glo onder meer die aankondiging verlede week dat meer as 80 mense van 55 jaar en ouer afgelê gaan word, te bespreek.

Mnr. Mwilima Mushokabanji, hoof uitvoerende beampte, het die meer as 700 werknemers verlede week tydens ’n massavergadering by die fabriek oor die besluit ingelig.

Mnr. Johnnie Hamman, voorsitter van Meatco, wou by navraag nie bevestig dat ’n noodvergadering belê is nie. Sy antwoord hierop was ’n ferm: “Geen kommentaar”.

’n Ingeligte bron in die vleisbedryf het egter aan Republikein gesê beesprodusente hou asem op oor dié vergadering, asook een vandag tussen die direksie en mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s).

Jooste het volgens inligting in Maart vanjaar Meatco se begroting, wat op die vleiskorporasie se nuwe sakeplan geskoei is, afgekeur.

Op ’n vraag aan Jooste of die afleggings bespreek gaan word, het hy gesê die vergadering is belê “om die sakeplan te bespreek”.

Meatco verkeer in ernstige finansiële nood en ’n onafhanklike ontleder, mnr. Rainer Ritter, het die SOE-ministerie verlede jaar in ’n verslag gewaarsku dringende ingryping is nodig om ’n likwidasie te voorkom.

Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het verlede week gesê hy is nie gekant teen afleggings in ‘n poging om Meatco te herbelyn en koste te sny nie, maar is bekommerd daaroor “dat jarelange ervaring en kundigheid verlore gaan”.

Drie van die uitvoerende bestuurslede word hierdeur geraak. Hulle is die operasionale hoof, mnr. Jannie Breytenbach, die uitvoerende bestuurder vir bemarking en verkope, mnr. André Mouton, asook mnr. George Kotze wat as uitvoerende bestuurder vir lewendehaweproduksie en waardetoevoeging verantwoordelik is.

Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die LPO, het gesê “enige besigheid is so goed soos die intellektuele kapitaal, ervaring en vaardighede wat dit besit”.

“Dit is internasionale besigheidspraktyk in ’n herbelyningsproses om eers vas te stel watter kernkundigheid en -ervaring behoue moet bly alvorens ’n afleggingsproses begin word.”

Hy het gesê die LPO wil met Meatco vergader om vas te stel hoekom op die “55 jaar en ouer-beginsel” besluit is.
[email protected]


FOTO
Meatco gaan meer as 80 werknemers aflê, insluitende die topbestuur wat 55 jaar en ouer is. Foto Meatco

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

8 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

8 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

8 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

8 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

8 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...