Noodsein

Riglyne is saamgestel om wêreldlugvervoer op ’n veilige en volhoubare wyse weer aan die gang te kry.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Foto’s en video’s in die hoofstroom- en sosiale media van verlate internasionale lughawens en rye en rye vliegtuig op pad na nêrens, verbeeld selfs méér nog as die verlate hoofstrate van wêreldstede die impak van die Covid-19-pandemie.

Die ekonomiese turbulensie waarin die wêreld se lugrederye weens inperkingsmaatreëls en die verbod op internasionale vlugte gedompel is, lei tot daaglikse verlies van US$230 miljoen vir dié bedryf.

Wêreldlugverkeer het in April feitlik geheel en al tot stilstand gekom, met net 5 persent van die normale aantal vlugte wat onderneem is.

Die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) sê in ’n verklaring die inkomsteverlies van die lugvervoerbedryf sal in 2020 na raming US$84,3 miljard beloop.

Rederye se inkomste sal met 50% val van US$838 miljard in 2019, tot US$419 miljard in 2020. Dit is 3,2% méér as tydens die wêreldwye finansiële krisis in 2007-’08, sê Iata.

Daarbenewens sal passasiersgetalle met sowat 50% daal tot 2,25 miljard in 2020.

Die werksverliese wat daaruit voortspruit, sal eweneens enorm wees en die verwagting is dat 25 miljoen werksgeleenthede in gedrang is.

Nagenoeg 65,5 miljoen mense steun op wêreldlugvaart vir ’n inkomste. Dit sluit mense in die reis- en toerismebedryf in, wat vir die grootste deel van hulle inkomste op buitelandse toerisme staatmaak, sê IATA.

Mnr. Alexandre de Juniac, direkteur-generaal en uitvoerende hoof van IATA, sê 2020 sal opgeteken staan as die donkerste jaar ooit in die geskiedenis van lugvaart.

Hy sê omdat 2,2 miljard minder passasiers vanjaar van lugvervoer gebruik sal maak, en die verlies per passasier op US$37,34 bereken word, kán rederye nie sonder finansiële hulp van regerings oorleef nie.

Een ligpunt, sê hy, is die inkomste uit vragvervoer wat na verwagting sal styg van US$102,4 miljard in 2019, tot US$110,8 miljard in 2020.

“Die ergste is waarskynlik agter ons, mits daar nie ’n tweede en meer verwoestende golf van Covid-19-gevalle aangemeld word nie. Die sleutel vir ons herstel is die universele implementering van die hervattingsriglyne vir lugvaart wat deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) vir die veiligheid van passasiers en bemanningslede ontwikkel is,” sê De Juniac.

Hy sê met die hulp van doeltreffende kontakopsporing, behoort hierdie maatreëls vir regerings die gemoedsrus te gee om grense oop te stel sonder om reisigers onder kwarantyn te plaas.

Volgens De Juniac is dit belangrik vir ekonomiese herstel aangesien 10% van die wêreld se bruto binnelandse produk (BBP) van toerisme afkomstig is. Voor internasionale lugvervoer nie ongehinderd kan plaasvind nie, sal mense nie reise na ander lande onderneem nie.

“Om mense weer veilig te laat vlieg, sal ’n kragtige ekonomiese inspuiting bewerkstellig,” meen hy.

TAAKSPAN SE RIGLYNE

Die riglyne vir hoe te werk gegaan moet word om passasiers en bemanningslede te beskerm as grense vir lugreise oopgestel word, is deur ’n lugvaartherstel-taakspan van ICAO ontwikkel.

Dit is gedoen ná konsultasies met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die lugvaartbedryf en ander belanghebbendes.

Volgens die voorsitter van die taakspan, mnr. Philippe Bertoux, is die doel daarvan om die nasionale-, streek- en bedryfspesifieke Covid-19-herstelplanne aan te vul en nie om dit te vervang nie.

“Dit is daarop gemik om wêreldlugvervoer op ’n veilige en volhoubare wyse weer aan die gang te kry,” sê hy.

“Om suksesvol te wees, moet ons ’n veelvoudige en veral risikogebaseerde benadering volg. Maatreëls sal bygevoeg of verwyder word gegrond op die talle mediese en ander faktore wat ’n rol speel.”

Die riglyne word uitgestippel met inagneming van die vyf fases van lugvervoer – van die minimum aantal internasionale passasiersgetalle tans tot by die punt tot waar “spesifieke en doeltreffende farmaseutiese ingrypings” geredelik in die meeste lande beskikbaar is.

Verder gee die riglyne aandag aan die situasie by lughawens, hoe passasiers aan boord gaan en die reis in die vliegtuig self.

Wanneer passasiers aan boord gaan, sal dit so geskied dat hulle nie dig teen mekaar beweeg of aan mekaar raak nie. Indien vliegtuie nie vol is nie, sal sitplekke tussen passasiers oopgelaat word.

Beweging tydens die vlug sal ook beperk word deurdat passasiers met so min as moontlik kajuitbagasie moet reis, voor hulle plaas neem boeke, tydskrifte en koerante uit hul bagasie te haal en ’n afskaling van belastingvrye verkope op vlugte.

Op kort vlugte sal die bediening van kos en drankies gestaak of beperk word, of dit sal in geseëlde houers bedien word.

Verder word ook voorgestel een toilet moet vir die gebruik van bemanningslede gereserveer word, terwyl passasiers die ander toilet(te) gebruik om die beweging van passasiers tydens die vlug minder te maak.

De Juniac het intussen gesê Iata steun op regerings om hierdie aanbevelings so vining as moontlik te implementeer, “want die wêreld wil weer reis en het lugrederye nodig om ’n sleutelrol in die ekonomiese herstel te vertolk”.

“Hierdie maatreëls behoort passasiers en bemanningslede die vertroue te gee om weer te vlieg. Ons is verbind daartoe om saam met ons vennote te werk om voortdurend maatreëls te verbeter soos die mediese wetenskap, tegnologie en die pandemie vorder,” sê De Juniac.

Die liggaam wat lughawens verteenwoordig, ACI World, het ook die riglyne verwelkom.

“ACI World besef daar is tans nie een enkele maatreël wat al die risiko’s verbonde aan die hervatting van lugverkeer uitskakel nie, en stem saam die harmonisering van die prosesse en prosedures bied die mees doeltreffende wyse waarop die risiko’s met die noodsaaklikheid daarvan om ekonomieë te ontsluit, in balans gebring kan word,” het dié liggaam in ’n verklaring gesê.

Een ding is duidelik: Buitelandse reise sal ingewikkelder word. En om aan te meld en aan boord te gaan, sal meer tyd in beslag neem.

Die rye by immigrasie sal langer word omdat mense aan intensiewe gesondheidskontrole voor vlugte onderwerp sal word, wat selfs kitstoetse vir Covid-19 kan insluit.

Die Midde-Oosterse lugredery Emirates het dit reeds by sy basis in Dubai ingestel. ’n Soort immuniteitsertifikaat sal dalk ’n vereiste vir sowel uitwaartse as inwaartse reis word. Dit sal aan ’n indringende nasporingstelsel in digitale formaat gekoppel moet word, het Finweek onlangs berig.

Die nuwe normaal gaan reis meer stresvol maak, maar sonder lugvervoer en toerisme sal ekonomieë nie kan herstel nie, sê die lugvaartbedryf.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%