Noodplan vir malaria
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het vandag ’n reaksieplan teen die uitbreking van malaria in die Noorde van die land aangekondig wat sowat 350 000 inwoners raak. Die streke wat die ergste deur malaria geteister word, is Ohangwena, Zambezi en Kavango-Wes en Kavango-Oos, met 6 000 gevalle van die siekte wat reeds hier aangemeld is. Die noodplan sluit die ontplooiing van 61 verpleegsters en 10 omgewingsgesondheidpersoneel in.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie