Noodlottige mesgeveg tussen vriendinne skok Katutura
Noodlottige mesgeveg tussen vriendinne skok Katutura

Noodlottige mesgeveg tussen vriendinne skok Katutura

Denver Kisting
Denver Kisting - ‘n Rusie tussen twee vriendinne het glo vanoggend vroeg (Dinsdag) tot die dood van ‘n jong vrou in ‘n Windhoekse voorstad gelei.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi van die polisie se skakelafdeling het Denise Willemse (22) na haar kamer teruggekeer nadat sy en die verdagte glo elders stry gekry het.
Teen 01:54 het die verdagte Willemse glo tot by haar huis in Okuryangava in Katutura agtervolg, oor die heining gespring en haar met ‘n mes toegetakel.
Willemse is na wat verneem word op die toneel aan haar borswonde beswyk. Haar naasbestaandes is volgens Shikwambi reeds van haar dood verwittig.
‘n 25-jarige verdagte is sedertdien weens die moord aangekeer en sal eersdaags in die hof verskyn. Shikwambi sê in dié stadium is die rede vir die stryery tussen die twee vroue nog onbekend. Die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!