Noodlening

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
Hoofartikel

DIE internasionale reaksie op die verwoestende tsunami\'s wat groot kusstreke in die suide van Asië getref het ná \'n reuse-aardbewing in die Indiese Oseaan, is merkwaardig.
Natuurlik het lande belange en vriende en natuurlik sal lande hulle hulp kanaliseer na dié wat hulle die naaste aan die hart lê.
Teen gister is gespekuleer dat die dodetal in die verwoesting die honderdduisendkerf kan oorskry, terwyl waarnemers gemeen het dit kan veel hoër wees.
Wanneer \'n ramp van dié omvang die aarde tref, is dit net natuurlik dat - afgesien van die onmiddellike afgryse en simpatie - mense wat afstand het, filosofies oor so \'n gebeurtenis dink. Vir die mense naaste aan die kookpot is dit gewoonlik \'n totaal ander saak, want hulle voel die lewensverlies aan die lyf.
In die veiligheid van Suider-Afrika kan mense vandag morele ondersteuning gee en net wonder wat die rimpeleffek van die gebeurtenis sal wees.
Duisende kilometer ontwikkelde kuswoonbuurtes is vernietig en dit sal maande en selfs jare neem om die infrastruktuur, besighede en behuising wat daar opgerig was, te vervang. En dit sal miljarde kos om dit te doen.
Onmiddellik na die tsumani\'s die kusstreke van Indië, Thailand, Indonesië, Sri Lanka, Sumatra en ander eilandstate getref het, het geld-eenhede in die ooste waarde begin verloor en handelaars in kommoditeite het voorspel dat die prys van basiese goedere sal styg in afwagting van groter behoeftes wanneer die heropboufase begin. Indië kan reeds uitgesonder word as \'n land wat, hoewel hy selfs \'n deel van die las moet dra, reeds aangebied het om hulp te stuur na die ander lande wat deur die ramp getref is. Dit is prys-enswaardig.
Die onmiddellike gevolge van die natuurramp wat nou reeds beskryf word as die ergste in minstens veertig jaar, moet die onmiddellike aandag geniet.
In dié verband het die Verenigde Nasies (VN) opgestaan om gesien te word as die wêreldorganisasie wat dit behoort te wees.
Uit New York en Genévè is werk gemaak van die taak wat voorlê, met spanne noodwerkers en vragte noodleniginghulp wat onderweg is na die gebiede waar dit die nodigste is.
Die grootste prioriteit vandag is sekerlik om die lyke uit die strate te kry en te voorkom dat siektes meer mense doodmaak as wat in die ramp omgekom het. Dit volg net natuurlik dat die volgende stap sal wees om skoon en gesonde drinkwater in die gebiede wat getref is te verseker en dan moet voorsiening gemaak word vir genoeg mediese voorraad om beseerdes en siekes deur te help.
Verder moet die geteisterde gebiede gepolisiëer word, omdat boewe en armes nie sal huiwer om te plunder in \'n poging om die niks wat hulle oorhet, iets te maak nie. Dit is tragies dat dit gebeur, maar dit is heel verstaanbaar dat dit kan gebeur.
Dan volg die reuse-taak van herkonstruksie, want die duisende mense moet \'n dak oor hulle koppe kry. Die natuur sal nie wag dat almal herstel het voor die aarde verder draai nie.
Die Namibiese regering het tot gister nog nie reageer op die ramp wat Asië getref het nie. Dit sal sekerlik gedoen word wanneer \'n amptenaar \'n leier kan opspoor wat bereid is om \'n uitspraak daaroor te maak.
Ongelukkig is die tyd vir morele en materiële bystand nou en al kan Namibië nie aanbied om die rekening van die chaos te betaal nie, moet daar minstens \'n manier wees waarop die land kan bydra.
Namibiërs is bekend daarvoor dat hulle nie huiwer om te help waar nood ontstaan nie. In dié geval moet die land, sy mense of individue weer wys waartoe hulle in staat is!

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

14 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

14 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

14 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

14 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

14 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

14 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

14 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...