Noodkreet teen misdaadvlaag

'Ons leef in vrees'

10 May 2021 | Misdaad
Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen die Namibiese polisie, wat ook die geleentheid bygewoon het, uitgespreek is.

“Elke week word by 'n huis in hierdie gebied ingebreek. Ons weet wie die misdadigers is, want hulle bly tussen ons.

“Ons leef in vrees, want die polisie werk saam met die misdadigers,” het een inwoner gesê.

Hy het ook gekla oor 'n verlate huis in Okandjengeni-Suid waar 'n aantal misdadigers glo woon wat inwoners met messe dreig en hulle van hul selfone beroof.

'n Ander inwoner het oor die polisie se gebrek aan besorgdheid teenoor inwoners gekla.

“Elke keer as ons die polisie se hulp vra, vra hulle ons waarom dit altyd ons in Okandjengeni-Suid is wat probleme het? Hoe verwag julle ons moet die polisie vertrou as hulle nie bereid is om ons by te staan nie?” het 'n ander inwoner gevra.

Die inwoners sê ook die polisie se antwoord is gewoonlik hulle het nie genoeg voertuie nie en dat hulle dus nie kan help nie.

Die gebied loop glo gereeld onder huisbrake en kleiner misdade soos sakkerollery deur. Gevalle van seksuele aanranding en verkragting is ook aangemeld.



DRANK- EN DWELMMISBRUIK

Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, het op die inwoners se klagtes gereageer en volgens hom is die probleme te wyte aan drank- en dwelmmisbruik in die gemeenskap.

“Wanneer ons hierdie mense in hegtenis neem, verskyn hulle in die hof en telkens kan hulle nie onthou wat hulle die vorige aand gedoen het nie,” het hy gesê.

Hy het versoek dat inwoners nie hul kinders moet stuur om vir hulle tombo te koop nie en hulle eerder moet aanmoedig om op hul skoolwerk te fokus.

Hy het die gemeenskapslede aangeraai om 'n buurtwag te begin en om met die polisie saam te werk.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Shaleen Surtie-Richards dood in gastehuis gekry

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards (66) is Maandagoggend dood in ’n gastehuis in Kaapstad gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie, sê...

Inwoners van Kavango-Wes geteister deur watertekorte

1 uur gelede | Regering

Sowat 32% van inwoners van Kavango-Wes moet steeds ten ministe 30 km vir toegang tot veilige drinkwater aflê. Volgens die goewerneur van die streek, me....

Mbumba: Duitsland bied te min aan

12 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Visepresident Nangolo Mbumba het Vrydag gesê hoewel die tafel gedek is om die Duitsland-Namibië-volksmoordooreenkoms in die parlement te onderteken, is hy nie...

Nuwe Mej. Namibië gekroon

12 ure gelede | Mense

Die 25-jarige Chelsi Shikongo is Saterdag as die nuwe Mej. Namibië gekroon. Die jong Walvisbaaier werk die afgelope vier jaar as ’n internasionale model. Haar...

‘Gemeenskap vat nie verantwoordelikheid’

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – “Ek het net sewe beddens vir Covid-pasiënte beskikbaar; van ons 19 Covid-pasiënte lê reeds noodgedwonge op trollies in die gang met ’n...

Nuwe kruin op horison

12 ure gelede | Gesondheid

Hoofredaksie – Namibië se gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 het Vrydag die piek van die tweede golf van die pandemie verbygesteek.Met die 480 nuwe...

Weer vir 7 Junie 2021

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Nat, winderige en koue toestande word van vanaand af oor die suidelike dele verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeetelik bewolk en koud tot warm, met...

Doelwit is 60% teen Januarie

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Met Namibië wat in Maart sy eerste dosisse Covid-19-entstowwe ontvang het, is die beplanning dat, afhangend van wanneer die volgende entstof in...

Palliatiewe sorg vir kankerpasiënte uitgebrei

12 ure gelede | Gesondheid

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het 'n beroep op geskikte gekwalifiseerde en opgeleide geregistreerde verpleegsters met ondervinding in palliatiewe sorg in alle streke van die...