Nog uitbrekings van bek-en-klouseer in NCA

13 January 2021 | Landbou
Nog uitbrekings van bek-en-klouseer is in die noordelike kommunale gebiede (NCA) aangemeld – dié keer in die Oshana- (Katjali) en Ohangwenastreek (by Okongo).
Dit volg op uitbrekings wat einde verlede jaar in die twee Kavangostreke asook in die Oshikotostreek aangemeld is.
Die direktoraat veeartsenydienste sê in ‘n verklaring die nuutste uitbrekings is op 28 Desember en 6 Januarie met laboratoriumtoetse bevestig.
Hierdie streke, sowel as Omusati en die noordelike deel van die Kunenestreek, is nou verklaarde siektebeheergebiede, sê dr. Albertina Shilongo, die hoof veeartsenybeampte.
Dit beteken geen diere met gesplete hoewe mag in of uit hierdie gebiede beweeg nie. So ook nie enige plant- of dieremateriaal wat moontlik besmet is nie.

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
12 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
14 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies