Nog ses sterf Woensdag in ongelukke
Tanja Bause - Vier mense het Woensdag in ’n trompop botsing in die Noorde gesterf. Die ongeluk het om 14:00 op die hoofpad tussen Oshakati en Oshikuku by die Onashiku-nedersetting gebeur.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, was ’n minibus van Oshikuku na Oshakati op pad toe hy in ’n draai ’n ander voertuig verbygesteek het en teen die sedanvoertuig gebots het wat van vooraf gekom het.
Die bestuurder van die sedanvoertuig en haar twee passasiers is op slag dood.
Hulle is mee. Emilia Amushila (44) van die Onamundindi-nedersetting, Aina Nuuyoma (53) van die Elim-nedersetting en mnr. Alweendo Ndalinale Ipinge (18) van die Oshuundje-nedersetting.
Mnr. Nakathingo Tangi (19), wat ’n passasier in die minibus was, het ook op die toneel gesterf.
Altesaam 16 passasiers, insluitende die 33-jarige bestuurder van die minibus, is na die intermediêre hospitaal op Oshakati geneem.
In nóg ’n motorongeluk Woensdag het twee toeriste op die hoofgrondpad tussen Palmwag en Kamanjab gesterf.
Die ongeluk het omstreeks 10:18 sowat 25 km buite Palmwag plaasgevind.
Volgens die polisie was die voertuig van Palmwag af na Kamanjab op pad toe ’n trop sebras oor die pad gehardloop het.
Die bestuurder, ’n Namibiër wat vir Ultimate Safaris werk, het ’n sebra gestamp en die voertuig het omgeslaan.
’n Amerikaanse burger (25) en ’n Duitse burger is op slag dood.
’n Oostenrykse burger is met beserings in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie