Nog reu00ebn op pad
Nog reu00ebn op pad

Nog reën op pad

Damme voller as verlede jaar
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor sê nog reën sal na verwagting vandag en môre oor die grootste dele van die land voortduur, met uitsondering van die verre weste.

Hoofweervoorspeller Odillo Kgobetsi sê egter droë lug sal vanaf Saterdag oor die suidwestelike en westelike dele van die land inbeweeg, terwyl swaar storms die naweek waarskynlik in die Noordooste sal voorkom.

Dit volg nadat ‘n wolkbreuk vanmiddag (Donderdag 2 April) verspoelings op Mariental en die omliggende gebied asook op die Hardapbesproeiingskema veroorsaak het. Talle geboue het oorstroom op die ou volstruisplaas, oftewel Domesticated Ostrich Products (DOP), wat sowat 5 km noord van die dorp geleë is.

Mnr. Koos de Jongh, wat in beheer van sake op DOP is, het aan Republikein gesê hulle kan niks anders in die tussentyd doen as om te wag dat die water wegvloei nie. Hy sê die water op DOP is nie deur ‘n rivier veroorsaak nie, maar alleenlik deur baie swaar reën.

Boonop het die Dabibrivier stroomaf van die Hardapdam wéér sy walle oorstroom en boere se besproeiingslande binnegevloei.

Op die dorp self moes die munisipaliteit ‘n deel van die B1-roete weens oorstroming sluit en inwoners alternatiewe paaie gebruik, terwyl daar inderhaas aan die werk gespring is om te probeer keer dat die water residensiële gebiede in Rivierstraat bereik.

Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het bevestig dat Mariental ‘n wolkbreuk ervaar het, terwyl hy sê baie swaar reën het ook op Stampriet voorgekom.
Kgobetsi sê tussen 18 en 90 mm reën is binne ‘n uur deur amptelike weerstasies op Mariental gemeet.

Dit volg ná dit vanoggend tussen 02:00 en 03:45 ook meer as 100 mm by Hochfeld gereën het. Op Rundu is ook 30,5 mm reën gemeet.

Die afgelope week het talle plekke oraloor die land reeds goeie reën ontvang.

DAMME

Damme vergelyk tans ook veel beter as verlede jaar dieselfde tyd.

Die drie damme wat die hoofstad asook ander plekke in sentrale dele van die land van water voorsien, handhaaf tans ‘n gemiddeld van 83,6% water, teenoor verlede jaar se gemiddeld van net 20,8%.

Die Von Bachdam is die volste onder die drie teen 99,4%, gevolg deur die Swakoppoortdam met 86,7% water en die Omatakodam met 61,9%.
Gobabis se damme is tans ook gemiddeld nou 42,9% vol, waar dit verlede jaar dieselfde tyd gemiddeld net 2,2% water gehad het.

In die Suide is die Oanobdam tans die volste (97,2%), gevolg deur die Nautedam (84,5%) en die Bondelsdam (61,6%). Die Hardapdam se stand is 44,8% en die Dreihukdam het 17% water.

Dit bring Suidedamme se gemiddeld op 55,8% te staan, meer as verlede jaar se 40,1%.

Die Friedenaudam was die enigste wat die afgelope week water gekry het en dit het van 43,5% vol na 46,2% gelig. Die Goreangabdam is tans 100,5% vol.

Die nasionale gemiddeld vir damme is tans 56,9%, waar dit verlede jaar 31,1% was.

Die Neckartaldam, wat nie by NamWater se verslag ingesluit is nie, hou tans 10,5% water.

ZAMBEZIRIVIER

Namibië se hidrologiese dienste in hul jongste vloedbulletin gesê die Okavangorivier is steeds besig om vinnig by Nkurenkuru, Rundu en die Divindu-brug te styg, waar sy vlak onderskeidelik 4,79 m, 6,99 m en 4,15 m is.

Daar is opnuut ‘n waarskuwing teen vloede uitgereik aan persone wat in die Zambezirivier se vloedvlaktes woon, wat tans besig is om vinnig voller te raak. Vloedwaters by Ruacana styg ook sterk en vloei tans teen 1 030,7 m. Gemeenskappe in die omgewing is ook teen moontlike oorstromings gewaarsku.

Die verslag waarsku dat mense in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Kunene-streek ook op vloede bag moet wees.

Dié Zambezirivier loop tans ook bonormaal sterk en meet 6,50 m diep by Katima Mulilo. Die rivier het die Victoria valle die laaste week in Maart met ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde gevoer en sorg tans vir ‘n skouspel, het die Zambezirivier-owerhede onlangs in ‘n persverklaring gesê.

Terselfdertyd sal die rivier na verwagting verder styg omdat meer vloedwater besig is om vanuit die rivier se boonste opvangsgebied by Chavuma, Lukulu, Mongu en Senanga te vloei.

FOTO GERHARD SCHEEPERS

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18%