Nog reu00ebn op pad
Nog reu00ebn op pad

Nog reën op pad

Noord van Grootfontein is Sondag tot 45 mm reën ontvang, terwyl dit so ver as Omaruru en Uis gereën het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Hoewel die afsnylaag oor die ­Atlantiese Oseaan verswak wat sedert Sondag vir reën oor groot dele van die land gesorg het, kan Namibië vandeesweek nog reën verwag.

Mnr. Richard Nashikaku, hoofweervoorspeller by die Namibiese weerkantoor, het gister aan Republikein gesê van vandag af sal dit heelwat verswak.

Dít terwyl die hoëdrukstelsel oor ­Botswana steeds oorheers, maar effens oos beweeg.

“Dus sirkuleer droë lug vandag oor die westelike helfte van die binneland. Oor die oostelike helfte verwag ons vandag plek-plek verspreide donderbuie, behalwe oor die Zambezistreek, waar droë lug sirkuleer,” sê Nashikaku.

“Teen môre sal droë lug in die Weste en die Suide in sirkulasie wees, en die res van die binneland sal gedeeltelik ­bewolkte toestande met enkele tot verspreide ­donderbuie ervaar.

“Geïsoleerde donderbuie word van Donderdag tot die naweek in die Noordooste verwag.

“Temperature sal na verwagting tot Woensdag warmer bly en teen die naweek nog meer styg tot dit op plekke baie warm sal wees,” sê Nashikaku.



REËNSYFERS

Op die Facebook-groep “Reën in Namibia” is laat weet dit het die afgelope Sondag so ver as Omaruru gereën.

Me. Lien Kostens sê op die plaas Nacoco naby Omaruru is 24 mm ontvang, terwyl die reën gisteroggend steeds voort­geduur het.

Op Uis is 2 mm Sondagnag ontvang.

Mnr. Carl David Marx het laat weet die huise by Hombe Supermarket op Divundu het Sondag 9 mm reën ontvang en hulle het steeds 1 207 mm reën vir die seisoen gehad.

Sowat 5 mm is op Tsumeb ontvang, terwyl talle plase in die Maroelaboom-omgewing naby Grootfontein tussen 20 mm en 45 mm reën ontvang het.

Op Otjiwarongo is 17 mm ontvang, terwyl die reën gisteroggend nog voortgeduur het.

Me. Marina Laas het gisteroggend laat weet dit reën nog lekker op Outjo, terwyl 24 mm al op hul plaas geval het.

Mnr. Ben van der Merwe het laat weet van Sondagnag af tot 08:00 Maandag­oggend is 28 mm op die plaas Heuwelsrus by die Omatakoberge ontvang.

Windhoek het tussen 6 mm en 13 mm reën gekry, terwyl dit 15 mm op ­Okahandja gereën het en Herboth's Blick 8 mm ontvang het.

Mnr. Herman Louw het laat weet 10 mm is op die plaas Doornboompan 30 km wes van Leonardville ontvang.



RIVIERE

Die hidrologiese dienste het in hul jongste vloedverslag opnuut ­gewaarsku gebeurlikheidsplanne teen vloede in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Zambezistreek moet in plek wees.

Terselfdertyd moet gemeenskappe wat in gebiede woon wat tot oorstroming geneig is die nodige voorsorg tref.

Dít omdat die vloei van water in die ­lishanas hoog bly, terwyl meer water van Angola af op pad is.

Water by Shanalumono het op 27 Maart sowat 1 m diep gevloei, terwyl dit 0,67 m diep by Shahaingu gemeet het, 0,62 m by Engela, 0,53 m by Okatope en 0,51 m by Oshikuku.

Die Kavangorivier se vlakke by ­Nkurenkuru en Rundu hou aan styg en het op onderskeidelik 4,11 m en 6,38 m gestaan, terwyl die Zambezirivier by Katima Mulilo daal en op 6,85 m staan.

“Die oostelike vloedvlaktes van die Zambezirivier is besig om vinnig voller te raak en daar is 'n sterk terugspoel van water na die Ngoma-brug en die ­Liambezimeer.

Die Choberivier styg ook baie sterk by die Ngoma-brug asook die Chobe Water Villas en meet onderskeidelik 1,36 m en 6,74 m diep.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!