Nog 'n waterkrisis tref Opuwo-staatshospitaal
Ou waterdruk-probleem verplig pasiënte om hulself buite te verlig
Die teater, kraamsaal en ongevalle-eenheid by die Opuwo-staatshospitaal is sedert Vrydag 30 Desember sonder water.
Nampa berig die waarnemende gesondheidsdirekteur van die Kunenestreek, mnr. Jason Ndahepele, het bevestig die situasie het ontstaan weens lae waterdruk.
Pasiënte en hospitaalpersoneel is gefrustreerd - veral omdat dit nie die eerste keer is wat die hospitaal 'n waterkrisis beleef nie. Soortgelyke probleme is glo ook in November verlede jaar ervaar.
’n Hospitaalwerker sê: “Pasiënte in ander afdelings van die hospitaal kry badwater en drinkwater en spoel toilette deur gebruik te maak van tuinslange wat aan die munisipale watertenkwa gekoppel is wat daagliks kom.
“Die toilette werk nie omdat daar geen water is om dit mee te spoel nie."
Vuil beddegoed en linne word na die Oshakati-staatshospitaal geneem en daar gewas.
Dr. Fillemon Nakanduungile, ’n plaaslike privaatdokter, sê 'n waterkrisis in 'n gesondheidsinstansie kan tot die verlies van lewens lei.
“Water is 'n baie nuttige kommoditeit in die gesondheidsektor omdat ons dit gebruik om gereedskap te steriliseer, wanneer ons pasiënte behandel, en om hande te was na en gedurende behandeling,” het die dokter gesê.
Volgens hom is die toilette wat buite werking is 'n kopseer en kan dit siektes van pasiënt tot pasiënt, wat dieselfde vuil toilette moet gebruik, oordra. Nakanduungile sê vuil toilette veroorsaak nie net slegte reuke wat die hele hospitaal besoedel nie, maar ook dat pasiënte hulself eerder buite, op die hospitaalgronde, verlig.
Waarnemende hoofbeampte van die Opuwo-dorpsraad, mnr. Obet Katioho, het Woensdag gesê 'n pomp om waterdruk in die pype te versterk is nodig om die hospitaal se tenk vol te maak. Katioho sê die raad het, saam met die ministerie van werke en dié van gesondheid, reeds in November verlede jaar vir Namwater genader en hy verwag dat die pomp binnekort gekoop en ingestalleer sal word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie