Nog 'n verkragting skud Okahandja

31 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
OKAHANDJA is opnuut geskud ná nóg \'n verkragtingsvoorval waarby \'n klein kind betrokke was. Hierdie keer is \'n driejarige kleuter in \'n droë rivierloop in die Nau-Aib woonbuurt op die dorp verkrag.
\'n Man van 42, Willem van Rooyen van Windhoek, het gister vlugtig in verband met die voorval in die landdroshof op Okahandja verskyn.
Dié voorval volg kort op die tragiese dood van die agtjarige Carolina Eiases op18 Desember nadat sy op 5 November wreed verkrag is by die vullisgate van Nau-Aib.
Hoewel inligting oor die jongste voorval gister skraps was, blyk dit dat Van Rooyen die meisie se oom is en dat hy vir die Kersnaweek by sy familie op Okahandja gekuier het.
Volgens die Polisie-hoofkwartier in Windhoek is die driejarige kind verlede Vrydag by haar ouerhuis ontvoer en na die rivierloop geneem en verkrag.
Volgens beskikbare inligting het die meisie se ma haar in die sorg van haar oom gelaat.
Toe sy later by die huis opdaag, het sy kind in haar bed aangetref en opgemerk dat die kind se kleertjies en hare vol gras was. Tot haar skok moes sy ook ontdek dat die kind nie onderklere aangehad het nie.
Sy het onmiddellik ondersoek ingestel en gesien dat die kleuter se geslagsdele opgeswel en bloederig was.
Die ma het die kind na die hospitaal gebring en geneeshere het bevestig dat sy verkrag is.
Toetse is gedoen om onder meer spore van semen te verkry. Die kind is intussen uit die hospitaal ontslaan, maar ontvang steeds mediese behandeling.
Die volgende oggend is die ma saam met die polisie na die toneel waar die verkragting plaasgevind het. Die onderbroekie van die meisie en die sleutels van die huis van die vermeende verkragter is op die toneel gevind.
Van Rooyen het gister op aanklagte van verkragting in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en borg is geweier.
Die Polisie het gister ook bevestig dat aanklagte van moord toegevoeg is tot die klagstaat teen \'n 12-jarige seun van Okahandja en die 25-jarige Dennis Rondea wat teregstaan in verband met die wrede verkragting van die agtjarige Carolina Eiases op 5 November vanjaar.
Die seun is in die sorg van sy ouers vrygelaat en Rondea bly in polisie-aanhouding.
Dit blyk nou dat net een persoon vir die verkragting by die vullisgate van Okahandja verantwoordelik was en dat die klagstaat teen die 12-jarige seun dalk gewysig kan word tot aandadigheid en medepligtigheid in die verkragting.
Carolina, wie se nagmeriie-ervaring daartoe gelei het dat sy as die \"Verkragtingslagoffertjie van Nau-Aib\" bekend geraak het, is die afgelope naweek op Okahandja begrawe nadat dokters in \'n Windhoekse waakeenheid vir meer as \'n maand om haar lewe geveg het.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...