Nog 'n sterfte, 88 nuwe Covid-19-gevalle
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n 47-jarige man van Walvisbaai met onderliggende mediese toestande het aan Covid-19 gesterf. Hy is in die staatshospitaal op die dorp op 21 Julie opgeneem en sy uitslae het op 23 Julie gewys hy is positief. Hy is na 'n private hospitaal oorgeplaas en het kort nadat hy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is, gesterf. Dit bring die totaal sterftes in die land op agt te staan.
Shangula het ook 88 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig wat die totaal nou op 1 775 te staan bring. Uit die 88 is 62 in Walvisbaai, 19 in Swakopmund, vyf in Windhoek, een in Keetmanshoop en een in Mariental. Uit die 88 is 59 mans en 29 vroue. Die ouderdomme wissel van een jaar oud tot 73 jaar oud. Een van die gevalle in Swakopmund is 'n gesondheidswerker.
Die geval in Keetmanshoop is 'n vragmotorbestuurder wat uit Suid-Afrika gereis. Die Windhoek-gevalle is as volg:
- 36-jarige vrou van Khomasdal met geen reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie
- 31-jarige vrou van Okahandjapark met geen reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie
- 51-jarige vrou wat van Duitsland gereis het en in kwarantyn getoets
- 35-jarige man in kwarantyn sonder enige simptome
- 35-jarige man met Covid-19-verwante simptome sonder enige kontak of reisgeskiedenis
Die geval in Mariental is 'n 13-jarige seun wat geen kontak of reisgeskiedenis het nie.
Drie gevalle het herstel en wel 48, 76 en 90. Dit bring die totaal op 75. Tans is daar 1 692 aktiewe gevalle, 21 806 weefselmonsters is getoets en 701 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie