Nog 'n koalisie sien die lig
Nog 'n koalisie sien die lig

Nog 'n koalisie sien die lig

Usakos en die Erongostreek se Christenparty sê nuwe vennoot se ideologie strook met hul belange.
Dani Booysen
‘n Tweede koalisie is vir 27 November se algemene verkiesing gevorm.

Ondersteuners van die Christian Democratic Voice (CDV) sal volgens die ooreenkoms wat Donderdag in Windhoek onderteken is hul gewig agter die

Rally for Democracy and Progress (RDP) ingooi. Lede word versoek om vir die RDP se mnr. Mike Kavekotora as president te stem.

Mnr. Gothard Kandume, president van die CDV het by die geleentheid gesê die RDP is beter geplaas om die grondkwessie aan te spreek. Hy het die RDP se onderwysplan geloof asook die party se ekonomiese herstelplan, veral wat die “ontevrede jeug” betref. “Die RDP se beleid oor binnelandse sake en immigrasie sal die beste wees vir behoorlike beheer oor immigrasie en ‘n goeie burgery,” het Kandume gesê.

Die CDV is volgens Kandume bereid om die RDP se ideologie te onderskryf.

Kavekotora, die RDP se president, het gesê die politieke ruimte en leierskap in die land moet verander om die land te red en ekonomiese groei te bewerkstellig. Huidige leiers verteenwoordig volgens hom “die Chinese en die elite” eerder as om inwoners se behoeftes aan te spreek.

Die CDV, gebaseer op Usakos, is in 2014 gestig en het volgens Kandume sowat 8 000 lede. Die party is gefundeer op Christelike waardes.

In 2014 se verkiesing het die party 2 606 stemme ontvang. Dit was te min om ‘n setel te verdien.

Die RDP het tans drie setels. Sy 31 372 stemme in 2014 – kwalik meer as ‘n derde van die party se meer as 90 000 stemme in 2009 – het die RDP van sy status as amptelike opposisie ontneem.

Die Popular Democratic Movement (PDM) en United People’s Movement (UPM) het ook reeds ‘n koalisie vir die verkiesings gevorm. Die UPM het in 2014 een setel met hul 6 353 stemme verwerf. Die samewerkingsooreenkoms kan teoreties nog ‘n setel aan die PDM as die huidige amptelike opposisie besorg.

Die beweging was in 2014 nog as die DTA bekend en het toe byna 43 000 stemme getrek. – Nampa en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!