Nog ’n kleinhandelaar in VSA is bankrot
Die Amerikaanse kleinhandelaar Sears het aansoek om hoofstuk 11-beskerming in die Amerikaanse likwidasiehof in New York gedoen. Dit is soortgelyk aan die sakereddingsproses soos wat in Suid-Afrika gevolg word.
Dit volg op die hakke van Toys ‘R’ Us, wat nie net in Amerika nie, maar ook in Brittanje, bankrot gespeel het.
Sears het nagenoeg $2,5 miljard se skuld.
Die groep, wat voorheen die grootste kleinhandelaar in Amerika was, sukkel nou om klante na sy winkels te lok. Die maatskappy het sedert 2012 verliese van nagenoeg $10 miljard gely.
Sears, wat Suid-Afrikaners leer ken het as die winkel wat nuwe huisraad vir projekte op die bekende werklikheidsreeks Extreme Home Makeover verskaf het, is reeds 125 jaar oud.
Die winkel het veral ná die Tweede Wêreldoorlog vir homself naam as kleinhandelaar gemaak.
Hy bied egter sedert die 1980’s ook finansiële produkte soos bankdienste, huislenings, versekering en kredietkaarte.
Walmart het ook intussen al hoe groter geword en het Sears in die vroeë 1990’s as die grootste kleinhandelaar in Amerika vervang.
Eddie Lampert, die maatskappy se uitvoerende hoof en grootste aandeelhouer, het al verskeie strategieë probeer om die winkels weer te laat herleef.
Hy het honderde van die groep se winkels wat verliese gely het, gesluit en afdelings soos Lands’ End verkoop.
Lampert het ook van sy eie geld gebruik om te help om die maatskappy aan die gang te hou.
Dele van Sears is reeds bankrot verklaar.
Sears Kanada is in 2017 gelikwideer en 12 000 mense het hul werk verloor.
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie