Nog ’n Fishrotter doen aansoek om borgtog
Die voormalige werknemer van mnr. Sacky Shanghala se formele aansoek om borgtog skop die week af.
Kristien Kruger
Nog ’n beskuldigde in die Fishrot-sage se formele aansoek om borgtog sal vandag in die hoërhof in Windhoek begin.
Regter Johanna Salionga het gister die werknemer van die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, se formele aansoek om borgtog na vandag uitgestel.
Mnr. Nigel van Wyk het destyds as senior klerk by die kantoor van die staatsprokureur onder Shanghala gewerk en het later by Olea Investments ook vir Shanghala gewerk.
Van Wyk het na bewering bewysstukke uit Shanghala se huis probeer verwyder en word van dwarsboming van die gereg aangekla.
Hy staan bykomend op twee klagte van rampokkery, drie klagte van geldwassery, een klag van die onwettige besit van ammunisie, aanranding en diefstal tereg.
Die staat beweer hy het sowat N$1,9 miljoen uit die Fishrot-skandaal gebaat. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie