Nog 'n Covid-19-verwante sterfte vir Windhoek
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê nog 'n Covid-19-verwante sterfte is in Windhoek aangeteken. Die 49-jarige man is op 28 Julie in die Windhoek Sentrale Hospitaal vir 'n dringende operasie opgeneem. Hy is dieselfde dag getoets en geopereer. Volgens Shangula het hy chirurgiese komplikasies opgedoen en het sy toestand geleidelik versleg. Hy is op 2 Augustus in die hospitaal dood en het volgens die minister 'n chroniese toestand gehad. Dit bring die aantal Covid-19-verwante sterftes op 12 te staan.
Shangula het ook 112 nuwe gevalle aangekondig wat die totaal vir die land op 2 406 te staan bring. Uit die 112 nuwe gevalle is 92 in Walvisbaai, twee in Swakopmund, 14 in Windhoek, een in Otjiwarongo, een in Okahandja, een in Karasburg en een in Mariental. Uit die 112 is 79 mans en 33 vroue. Die ouderdomme wissel van nege maande tot 70 jaar.
Uit die 14 gevalle in Windhoek is agt vroue en ses mans. Die ouderdomme wissel van 14 tot 59 jaar. Een van die gevalle is 'n gesondheidswerker. Ses is kontakte van bevestigde gevalle.
Die geval in Otjiwarongo is 'n 24-jarige vrou wat van Walvisbaai 'n saamrygeleentheid met 'n vragmotor geneem het. Die vragmotorbestuurder het volgens Covid-19-verwante simptome begin Julie gehad en wat reeds opgeklaar het.
Die geval in Okahandja is 'n 33-jarige man van die Osona-militêre basis met geen kontak met 'n bevestigde geval nie. Die geval in Karasburg is 'n 44-jarige vrou wat uit Suid-Afrika gereis het en in kwarantyn getoets is. Die geval in Mariental is 'n 24-jarige manlike vragmotorbestuurder wat uit Suid-Afrika teruggekeer en op die dorp getoets is.
Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 2 207 en die totale aantal weefselmonsters wat tot op hede getoets is, staan op 28 514. Tans is 1 673 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie