Nog ‘n bejaarde op Swakopmund vermoor
Die ligaam van ‘n 78-jarige man is vanoggend deur lede van die Namibiese polisie by sy huis op Swakopmund in die Vineta-woonbuurt gevind.
Volgens hoofinsp. Erastus Ikuyu (foto), koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is die hoofverdagte ’n jong man wat vir die oorledene gewerk het.
“Die verdagte het die oorledene vasgebing, verskeie kere met harde voorwerpe teen die kop geslaan en beroof. Ons het sterk leidrade wat ons besig is om op te volg en ons hoop om binnekort die verdagte in hegtenis te neem,” het Ikuyu op die moordtoneel gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie