Nog Hepatitis E in Windhoek
Nog Hepatitis E in Windhoek

Nog Hepatitis E in Windhoek

Al die gediagnoseerde gevalle in die hoofstad is in die informele nedersettings van Havana en Goreangab.
Tanja Bause
Tanja Bause



Daar is tans 214 klinies gediagnoseerde gevalle van Hepatitis E met 41 bevestigde gevalle in Windhoek.

Volgens dr. David Uirab, die hoof mediese superintendent van die Windhoek sentrale hospitaal, is spanne van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste besig met huisbesoeke in die informele nedersettings van Windhoek.

“Ons spanne doen elke dag huisbesoeke en dit is hoe ons die 214 klinies gediagnoseerde gevalle opgespoor het. Klinies gediagnoseerde gevalle is wanneer mense al die simptome van Hepatitis E toon sonder dat die laboratorium se toetse gedoen is om te bevestig dat die pasiënt wel Hepatitis E het,” het Uirab gesê.

Al die gevalle is in die Havana en Goreangab informele nedersettings aangemeld.

In November het 'n 26-jarige swanger vrou aan Hepatitis E-verwante komplikasies gesterf nadat sy geboorte gegee het en nege mense is positief vir Hepatitis E gediagnoseer.

Simptome van die siekte sluit onder meer akute geelsug, donker urine, anoreksia, erge moegheid en ongemak in.

Die inkubasietydperk vir die siekte wissel van twee tot tien weke, met die meeste gevalle wat vier tot ses weke ná blootstelling voorkom.

In streke waar die siekte en uitbrekings algemeen voorkom, is rioolbesmette water die mees algemene manier van besmetting. Die siekte begin gewoonlik met akute virale simptome soos 'n ligte koors, kopseer en moegheid wat dikwels met 'n verlies aan aptyt en naarheid gepaardgaan.

Met die aanvang van bogenoemde simptome ontwikkel die pasiënt binne 'n paar dae donker urine en 'n geel verkleurde vel.

Die beste voorkomingsmaatreëls is om drinkwater te kook en om hande gereeld met seep en water te was.

“Mense moet hul hande gereeld met seep onder lopende water was. Ons spanne vind dat mense 'n emmer met water gebruik om hulle hande te was. As 'n klomp mense dieselfde water en afdrooghanddoek gebruik, help dit nie met die voorkoming van die siekte nie,” het Uirab gesê.

Mense moet ook nie stilstande water gebruik om hul hande te was nie. Hande moet gewas word voordat daar met kos gewerk word of geëet word, nadat die toilette gebruik is en nadat babadoeke omgeruil is.

Hepatitis E is in vergelyking met ander Hepatitis-tipes soos A en B nie iets wat algemeen in die land voorkom nie. Die eerste uitbreking van die siekte in Namibië is in 1983 op Rundu met nege bevestigde gevalle aangeteken. Die laaste uitbreking was ook op Rundu in 1995.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!