Nog geld vir droogte geskenk

‘Verwagtinge oortref’

02 July 2019 | Landbou
Elvira Hattingh - Ná ‘n skenking van N$371 000 deur die Saroa Lodge uit die Nina-gebied die afgelope Woensdag het die Dare to Care-droogterampfonds op N$6,1 miljoen te staan gekom.

Tydens die geleentheid het die Namibië Landbou-unie se president, mnr. Ryno van der Merwe, gesê die geld is in Mei vanjaar tydens Saroa Lodge se amptelike opening ingesamel.

“Die lodge-eienaar, mnr. Albert Hufnagel, het vir my gesê hy wil minstens N$300 000 tydens die geleentheid insamel. Daar was sowat 100 mense teenwoordig en ek het gesê hy moet die teiken eerder op N$30 000 stel.”

Van der Merwe sê sy verwagtinge is oortref toe die Hufnagels selfs meer geld as wat beoog is deur ‘n wynveiling ingesamel het.

“Ek sit in dieselfde situasie as talle ander boere wat tans voer vir hul diere moet aankoop. Dit is beslis nie gerieflik vir almal nie en daarom wou ons ‘n bydrae maak om diegene te help waar die behoefte groot is,” het Hufnagel tydens die tjekoorhandiging gesê.

Intussen het Agra ook N$100 000 aan Dare to Care oorhandig. Dit volg nadat die maatskappy se werknermers by takke oraloor die land besluit het om ‘n gedeelte van hul eie salarisse te skenk om landbouprodusente te steun wat onder die droogte gebuk gaan.

“Landbou is Agra se lewensaar waarsonder ons nie ‘n bestaan sou kon voer nie. Daarom is dit noodsaaklik dat ons boere ondersteun. Deur hierdie nederige bydrae hoop die personeel om dié droogtehulpfonds te help om hul teiken van N$10 miljoen te bereik,” het Agra se woordvoerder, me. Ndapewa Neshila, gesê.

Agra self het vroeër vanjaar ook N$500 000 aan die droogtehulpfonds geskenk.

Beide kommersiële en kommunale boere baat by die droogterampfonds se subsidies vir veevoer. Dit word ook gesamentlik deur twee landbou-unies bestuur – die NLU en die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU).

Intussen het die Turkse ambassade in Namibië die afgelope Woensdag kos ter waarde van N$30 000 aan die Namibiese regering vir die nasionale droogtehulpplan geskenk. Die kospakkies is aan die People’s Primary School gegee.

Nampa berig die Turkse ambassadeur, me. Berin Tulun, het gesê haar ambassade beplan om voort te gaan om die regering se droogtehulpinisiatiewe oor die volgende ses maande te steun.

Sy het bygevoeg haar ambassade het gemeenskappe op Outjo en Otjiwarongo die afgelope jaar gesteun, wat deur droogte geraak is.

Sy het bygevoeg die Turkse Koöperasie en Koördinasie-agentskap (Tika) het ook kos aan 700 families in Windhoek versprei.

Tydens die bekendstelling van die jongste kabinetsbesluite het die regering gesê hy het tot dusver sowat N$39,8 miljoen aan die nasionale droogteverligtingsprogram bestee.

Dit is vir kosverskaffing, watervoorsienning en as deel van die lewendehawe- ondersteuningsprogram aan begunstigdes aangewend.

Die regering het ook aangedui verskeie skenkings en beloftes van skenkings is uit internasionale en streekkringe ontvang, asook van plaaslike organisasies en instansies.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

12 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

12 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

12 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

12 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

12 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...