Nog geen brug ná sewe jaar

Diaspunt op Lüderitz

05 October 2021 | Toerisme
Tanja Bause – Die vorige houtbrug op Lüderitz wat na die Diaskruis gelei het, is in November 2014 tydens 'n storm verwoes.

Die dorpsraad van Lüderitz en die Nasionale Erfenisraad van Namibië (NHC) het in 2019 ooreengekom dat die dorpsraad 'n kontrakteur sal aanstel en die NHC sal N$2 miljoen vir die bou van 'n nuwe brug bewillig.

Mnr. Reinhardt Ochs, uitvoerende hoof van die dorpsraad, sê hulle het 'n kontrakteur geïdentifiseer.

“Ons het die kontrakteur mondelings ingelig dat hy die werk gekry het en nog voordat ons enige amptelike kontrak geteken het, het die kon­trakteur sand en klippe na Diaspunt aangery. Ons het hom opdrag gegee om dit te staak totdat die kontrak geteken is. Hy het gesê hy wou net proaktief wees en het solank al begin. Toe het die Covid-19-pandemie uitgebreek en NHC het die projek geheel en al gestaak.”

NHC is ingelig dat die kontrakteur reeds begin het en tydens 'n vergadering het dit aan die lig gekom 'n ingenieursfirma in Windhoek het hul dienste gratis aangebied vir die konsultasie op die projek, asook as projekbestuurder.

“Hulle, nes die dorpsraad, was ook nie bewus dat die konsultant al uit se eie uit begin het nie.

“Ons sal nou 'n vergadering met al die belanghebbendes moet belê om die kwessies rondom die kon­trakteur uit te sorteer sodat ons kan begin bou.”

Volgens Ochs neem die toeriste in die dorp reeds toe en Diaspunt is een van Lüderitz se grootste toeriste-trekpleisters.

“Dis 'n nasionale erfenisgebied en ons hande is dus ongelukkig afgekap. Die dorpsraad mag niks daar doen sonder die toestemming en goedkeuring van die NHC nie.”

Die geld wat die NHC beskikbaar gestel het, is vir die bou van 'n brug, 'n trapleuning na die kruis en die herstel en vervanging van die pilare en kettings bo-op die berg. Die kettings het mettertyd weggeroes en dit is tans nie baie veilig op die berg nie.



PRIVATE INISIATIEF

Die Lüderitz-stigting het in 2012 begin om geld vir die herbou van die brug en herstel van die trappe, trapleuning en kettings in te samel.

In 2015 het hulle reeds planne vir 'n klipbrug ontwerp en die nodige geld hiervoor van verskeie organisasies, maatskappye en private persone ingesamel.

Hulle het in 2018 die trappe herstel en die trapleunings wat uit kettings bestaan het met herwinde plastiek vervang, wat langer sal hou omdat dit nie roes nie.

Hulle is egter aangesê op die herstelwerk en brugplanne te staak, omdat die gebied 'n nasionale erfenisgebied is en hulle nie die nodige toestemming gehad het nie.

Die houtbrug is in 1911 gebou sodat werkers van die vuurtoring veilig oor die getypoel kon beweeg wanneer die gety ingekom het.

Later het die brug aan lede van die publiek toegang tot die Diaskruis verleen wat as nasionale monument verklaar is.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

1 uur gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

1 uur gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

1 uur gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

1 uur gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

1 uur gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

1 uur gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

1 uur gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

1 uur gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...