Nog geen besluit oor RCC
Personeel is na bewering paniekbevange oor moontlike werkverliese.
Catherine Sasman - Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het Vrydag gesê geen besluit is nog oor die beleërde Paaiekontrakeursmaatskappy (RCC) gemaak nie.
“Dit was nog nie D-dag nie,” het Jooste gesê in reaksie gesê op 'n nuusberig oor 'n kabinetskomitee wat verlede Woensdag sou besluit het oor herkapitalisering of likwidasie van die staatsonderneming.
“Daar is baie min wat ek oor hierdie kwessie dan oordra,” het Jooste geantwoord op 'n vraag oor wat dié kabinetbesprekings behels het.
Daar is berig dat die kabinetskomitee oor tesourie oor die RCC-kwessie beraadslaag het, maar nie konsensus bereik het nie.
Daar is ook berig dat Jooste ten gunste van die sluiting van die RCC is, terwyl die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, heeltemal daarteen gekant is.
Die RCC wil 'n reddingsboei van N$300 miljoen van die regering hê, maar Jooste meen meer as N$1 miljard is nodig om die staatsonderneming te red.
In die binnekringe van die RCC word beweer die instansie sal herstruktureer word of moontlik met ander staatsondernemings saamsmelt.
'n Hersiene RCC sal volgens hierdie gerugte die mandaat insluit om paaie te bou en in stand te hou – soos die huidige mandaat – maar om dit “meer vaartbelyn” te maak ten einde kommersiële sin te maak en mededingend in die bedryf te wees.
Beweringe van 'n voorgestelde sluiting van die RCC is glo “nie te sterk nie”.
Wat ook al die toekoms van die RCC is, in die binnekringe word gesê meer as 400 werknemers is paniekbevange oor moontlike werkverliese.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie