Nog drama ná brand op Walvis

22 July 2021 | Howe
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die bestuurder van Magic Discounters, mnr. Martin Cordier en sy seun, Giandré, het Maandag hul eerste ver­skyning in die landdroshof op Walvisbaai gemaak.

Die duo is vroeër dié dag in hegtenis geneem terwyl 'n brand in die winkel gewoed het.

Klagte van crimen injuria en verset teen 'n polisiebeampte is teen die pa en seun aanhangig gemaak.

Hulle is op borgtog van N$2 000 elk vrygelaat.

Landdros John Sindano het die saak tot 19 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Die Cordiers is deur me. Jo-Mari Koekemoer van Eugene Thomas Legal Practitioners verteenwoordig en die staat deur mnr. Fidel Wakundumo.

Die polisie se bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, het by navraag bevestig die twee mans is formeel aangekla.

“Hulle is daarvan aangekla dat hulle die uitvoering van polisiepligte belemmer het, asook die oortreding van artikel 16 van die Polisiewet: Die kragdadige betreding van 'n afgesperde gebied sonder die polisiebeamptes se toestemming.”

Voor die struweling was Martin in die afgesperde gebied besig om die brandbestryders en polisiebeamptes op die toneel van water te voorsien en hulp te verleen waar nodig.

Giandré was ook binne die afgebakende gebied, besig om sy pa te help.

Voor hul hofverskyning het Martin gesê 'n polisiebeampte het hulle op 'n kragdadige manier genader.

“Hy het nie eens 'n uniform aangehad of homself as 'n polisiebeampte geïdentifiseer nie. Ons was in die afgesperde gebied vandat ons op die toneel aangekom het. Daar was verskeie ooggetuies.”

Verskeie stemboodskappe, wat elkeen 'n ander verhaal vertel oor wat op die toneel gebeur het, het in die sosiale media die ronde gedoen. Daar was selfs gerugte die twee mans is in hegtenis geneem in verband met brandstigting, wat nie waar is nie.

Shapumba het gesê die polisie ondersoek nog die voorval. “Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onbekend.”

Die Magic Discounters-tak op Walvisbaai het ongeveer 40 mense in diens.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pfizer vandag in Namibië verwag

22 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

1 dag gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

1 dag gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 dag gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

1 dag gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

1 dag gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...