Nog banke met rand se konkel betrek
Bank of America, Standard New York nou ook onder die vergrootglas
Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het Woensdag in ’n beëdigde verklaring gesê hy kyk ook nou na die Bank of America en Standard New York se rol in die gekonkel met die rand-dollar-wisselkoers.
Die kommissie het reeds in 2015 met ’n ondersoek begin weens beweerde prysvasstelling met valutatransaksies waarby die rand betrokke is. Oorspronklik het hy 11 banke van samespanning verdink, maar dié getal het nou tot 18 gegroei.
“Na ek die oorspronklike verklaring ingedien het, het ek bewus geword dat die Bank of America en Standard New York betrokke is in ander manifestasies van die samespanning wat bykomend is tot dié wat in die beëdigde verklaring uiteengesit word,” sê Mfundo Ngobese, ondersoeker vir die kommissie, in die verklaring.
Hy sê die Bank of America was betrokke by die samespanning deurdat hy fiktiewe pryse en aanbiedinge op Reuters en ander verhandelingsplatforms geplaas het om so ander aanbiedinge op of af te manipuleer.
In die geval van Standard New York sê Ngobese hy het ook verhandeling op die Reuters-platform beheer deur transaksies terug te hou.
Jurisdiksie
Ngobese sê dit het ook duidelik geword ná die voorafverhoor op 10 Maart dat die kommissie duidelikheid moet gee hoekom hy glo die Mededingingstribunaal het jurisdiksie om uitspraak oor die saak te gee, selfs waar internasionale banke betrokke is.
Van die banke bevraagteken of die kommissie die jurisdiksie het om banke wat nie takke of filiale in Suid-Afrika het nie, te penaliseer.
Die ANZ Bank van Australië het geen takke hier nie en Nomura het eers in April 2016, ’n jaar ná die aanvang van die ondersoek, een plaaslik geopen.
Ngobese sê volgens art. 3(1) van die Wet op Mededinging 89 van 1998, is die wetgewing van toepassing op alle ekonomiese aktiwiteit wat binne, of wat ’n impak binne, Suid-Afrika het wat net ekonomiese aktiwiteite soos in art. 3(1)(a) tot (e) uiteengesit word, uitsluit van toepassing.
“Dit gee die tribunaal ’n mate van ekstra jurisdiksie.”
Hy sê die banke wat kapsie gemaak het oor die jurisdiksie van die tribunaal se gedrag het ’n impak in Suid-Afrika gehad met dié dat hulle die waarde van die rand gemanipuleer het.
Boetes
Indien ’n bank skuldig bevind word, kan hy ingevolge die Mededingingswet beboet word met tot 10% van die totale omset vir die tydperk waarin die prysvasstelling gedoen is, tensy ’n skikking aangegaan word, sê Scott.
Die volledige lys respondente is: Australia and New Zealand Banking Group, Bank of America Merril Lynch International, BNP Paribas, Citibank, Credit Suisse Group, Commerzbank, Barclays Bank, Barclays Africa, Absa Bank, HSBC Bank, JP Morgan Chase & Co, JPMorgan Chase Bank, Investec, Macquarie, Nomura International, Standard Bank South Africa, Standard New York Securities en Standard Chartered is die respondente in die ondersoek.
Barclays, met Absa in sy stal, en Citigroup het reeds met die kommissie begin saamwerk en Citigroup is met R69,5 miljoen beboet vir sy valutahandelaars se gekonkel.
Die kommissie vra nie vir ’n boete teen Absa nie omdat hy sy samewerking gee. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie